Magashule en sug na mag

2012-02-02 22:33

Die drastiese stappe waartoe die Mangaung-metro hom gewend het om Volksblad se poging om kritiese denke onder lesers – én kiesers in die algemeen – op advertensieborde in Bloemfontein aan te moedig, verdien kommentaar.

Op dié bord was ’n grafiese voorstelling van die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, se beplande ultraluukse private huis, ’n plakkershut en van vullissakke op straat wat nie verwyder is nie. Die opskrif was Ace-paleis/pondok/varkhok.

Die agentskap wat dié bord opgerig het, moes die bord in opdrag van die Mangaung-metro inderhaas verwyder. Volksblad is ter elfder ure hiervan in kennis gestel.

Volgens die uitvoerende hoof van die advertensie-agentskap Ad Output, me. Sunet Swanepoel, insinueer die metro se regulasies dat die bord “aanstoot gee”. Volksblad het nie ’n enkele klagte hieroor gekry nie.

Dit is skokkend dat die leiers van die provinsie meer bekommerd is oor die premier se beeld as om te verseker dat die provinsiale ratte op geoliede wiele loop.

Dit is algemeen bekend dat die ANC die dryfveer en geldmag agter ’n weeklikse koerant in die provinsie is – om watter ander rede as vir beeldpoetsery?

Volksblad kry baie kritiek uit Magashule se kantoor oor berigte wat hom en sy regering in ’n swak lig stel. Die koerant word voortdurend daarop gewys dat inligting nie korrek is nie.

Maar sedert sy aanstelling as premier het Magashule nog nooit ’n nuuskonferensie gehou waar die media behoorlik ingelig is nie. Hy het twee woordvoerders in sy kantoor, maar steeds is dit ’n missie om sinvolle kommentaar of hulp uit hulle te kry.

Die premier het net voor Kersfees verlede jaar die eerste keer in sy ampstermyn ’n amptelike besoek aan die koerant gebring – om te kla oor berigte wat hom in ’n slegte lig stel.

Ampsbesoeke aan die koerant deur politici is algemeen. Maar dan is dit om gedagtes uit te ruil, nie om klaagliedere te sing nie.

Volksblad is egter verbind tot oop kommunikasie met die Vrystaatse regering. Maar toe deure aan die premier se kant word moeilik oopgeskop.

Wat munisipale regulasies betref, is dit die munisipaliteit se volste reg om advertensieborde te verwyder wat “onwettig” of nie op peil is nie. Maar dan moet dit konsekwent toegepas word. Of dit die geval was met die verwydering van Volksblad se advertensie, is te betwyfel, omdat die advertensie aan die keersy steeds daarin was.

Dit laat Magashule en sy beeldpoetsers se magsbehepte onderrok net verder uithang en wys hoe desperaat hulle is om ’n greep op die media in die provinsie te kry.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.