Kollig weer op Zuma en Shaik

2012-01-23 21:34

DIT wil lyk of pres. Jacob Zuma se verhouding van “wedersyds voordelige simbiose” met die veroordeelde bedrieër mnr. Schabir Shaik hom nog ’n lang tyd gaan agtervolg.

Ofskoon Shaik homself gedistansieer het van ’n berig in ’n Sondagkoerant waarin hy aangehaal word dat hy wil hê Zuma moet ’n lening van R2 miljoen terugbetaal, plaas hierdie berig opnuut die kollig op die verhouding tussen die twee en die wyse waarop Zuma daarby baatgevind het.

Die Sunday Independent beweer ook dat Shaik ’n presidensiële kwytskelding van Zuma wil hê, wat beslis nie verkeerd aangehaal kan wees nie.

Die feit bly staan dat Shaik, finansiële raadgewer van Zuma, in 2005 aan bedrog en korrupsie skuldig bevind is en tot vyftien jaar tronkstraf gevonnis is.

Daardie korrupsie is nie in ’n lugleegte gepleeg nie. Vir Shaik om aan korrupsie skuldig bevind te kon word wat só ernstig is dat dit vyftien jaar tronkstraf regverdig, moes hy ’n korrupte verbintenis met Zuma gehad het.

Soos regter Hillary Squires bevind het: “Aangesien al die beskuldigde maatskappye in een of ander stadium gebruik is om somme geld aan Jacob Zuma te betaal in oortreding van seksie 1(1)(a)(I) of (ii), van die Korrupsiewet en beskuldigde Nommer Een (Shaik) hulle met die doel gerig het of self betalings gedoen het, word al die beskuldigdes skuldig bevind op die hoofaanklag van klagte 1.”

Uiteindelik het ’n merkwaardige stel bandopnames die grondslag gelê vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se bedenklike beslissing om Zuma nie verder te vervolg nie.

Wat met Shaik gebeur het, is algemene kennis. Omdat hy “sterwend” is, is hy op mediese parool vrygelaat.

En met sy een voet in die graf is hy onder meer op ’n gholfbaan betrap, besig om ’n rondetjie gholf te geniet.

Uiteraard werp hierdie hele sage ’n donker skaduwee oor die president, veral oor sy beloftes en voornemens om korrupsie te bestry.

En Shaik, as’t ware herrese uit die graf, het nie verdwyn nie, en hul verhouding gaan steeds by Zuma kom spook, veral in ’n jaar waarin die nuwe leier van die ANC gekies gaan word.

Shaik verwys na Zuma as die “eerbare president – vir wie ek groot respek het”.

Ongelukkig geld die waarheid in Zuma se geval dat ’n mens met sulke vriende nie vyande nodig het nie...

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.