Hospitaal-skande moet reg
2010-09-08 22:55
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Dis ’n skande dat ’n psigiatriese staatshospitaal – die grootste in die Suidelike Halfrond – half gebou en verniel in Kimberley staan. Die grootste skande is egter dat sorgbehoewende psigiatriese pasiënte ondertussen in die tronk moet wag, omdat hulle nie in die staatshospitaal opgeneem kan word nie.
Dié lot van die meeste van Noord-Kaapland se 40 staatspasiënte, gryp aan die hart. Hulle ontvang boonop geen terapie en daar is geen geriewe vir 72-uur- waarnemings wat sommige pasiënte nodig het nie.
Wat hier gebeur, druis nie net in teen verskeie wette nie, dis onmenslik om sulke mense aan die verdere trauma van tronklewe bloot te stel. Wie ook al vir die onvoltooide staatshospitaal verantwoordelik is, sal vinnig sake moet regstel sodat die hospitaal die groot nood kan verlig.
- Volksblad