Goeie, maar ook slegte nuus vir Suid-Afrika

2010-06-10 04:00

Daar is baie positiewe, maar ongelukkig ook rooi ligte wat flikker in die waarnemings van twee buitelandse toeriste so kort voor die Wêreldbeker-sokker se afskop, waaroor Volksblad gister op sy voorblad berig het.

Mnre. Josh Fowler (28) van New York en Esteban Garro (31) van Mexiko moes 200 km aflê om in Bloemfontein te kom bad omdat ’n waterpomp wat uitgebrand het, veroorsaak het dat Zastron drie dae sonder water gelaat is.

Pompe kan oral uitbrand, maar ongelukkig is water- en rioolprobleme iets wat op te veel plekke in die land voorkom. Weens dinge soos ’n gebrek aan onderhoud en ’n onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer.

Dis egter insiggewend en verblydend hoe positief die twee toeriste ondanks die waterprobleem oor Suid-Afrika is.

“Ek is mal oor Suid-Afrika. Ek het dit al selfs oorweeg om aansoek te doen om burgerskap hier.

“Die ruimte, die mense en hoe dit hier lyk, is vir my ’n bekoring,” sê Fowler.

En Garro wie se eerste besoek dit aan Bloemfontein was, sê hy is mal oor die plek. Maar dan dié woorde wat ernstige stof tot nadenke vir Suid-Afrikaners verskaf:

“Ek is net skrikkerig vir die hoë misdaadsyfer.

“Ek het vriende wat nou eers vier dae lank in die land is en reeds twee keer in Johannesburg beroof is.”

Suid-Afrika se potensiaal kan skipbreuk ly weens misdaad. Iets móét gedoen word.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d E90 Dsl AT
2005
R 225,900.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 174,900.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 104,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.