DA-veranderinge wys pad aan vir andere

2010-09-07 20:41

Die DA se 22 veranderinge aan sy skadu-kabinet in die parlement het veral ook ’n nuttige les vir die ANC-regering.

Die DA het die veranderinge aangebring ná ’n oorsig van LP’s se prestasie die afgelope sestien maande.

Die boodskap is duidelik: As jy nie presteer nie, word jy gedemoveer.

Nie minder nie as ses skaduministers, wat senior woordvoerders oor bepaalde portefeuljes was, is óf na adjunkwoordvoerder-poste of minder prominente portefeuljes gedemoveer.

Dit maak ook nie saak hoe bekend jy is nie. Die oud-SAUK-omroeper, Niekie van den Berg, is byvoorbeeld van skaduminister van kommunikasie na ’n adjunk in dié portefeulje gepos.

Dié verfrissende vars bries in bestuurstyl, waarby die hele Suid-Afrika kan baat vind, vorm veral ’n skril kontras met hoe die regering dinge doen.

Lojale ANC-kaders en pêlle word ten alle koste beskerm. Maak nie saak hoe onderpresteer word, of sommer plein drooggemaak word nie. Een voorbeeld is pres. Thabo Mbeki en ander ANC-hoës wat die korrupte bedrieër komm. Jackie Selebi in sy pos as polisiehoof teen vervolging probeer beskerm het.

Die spektakel word te dikwels gesien van iemand wat onbevoeg is, wat net weer in ’n ander senior pos ontplooi word – omdat hy of sy goeie “konneksies” met die huidige ANC-­leiers­elite het. Vandaar die baie politieke dooie hout.

Met só ’n benadering kan die DA verwag om deur meer Suid-Afrikaners gesteun te word. Want hulle sal weet dat onderpresteerders nie geduld sal word nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

DISCOVERY ES TD5 AT
2003
R 223,500.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 205,899.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2003
R 143,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.