Bulle, wat van landsbelang?

2012-01-26 22:50

EEN van die laaste erekodes wat in beroepsport oorgebly het, is dat jou land áltyd belangriker as jou provinsie of klub is.

Nasionale trots is immers op die spel en die wil om bo uit te kom teen die wêreld se bestes is ’n belangrike dryfveer.

Nasionale kleure is die hoogste trappie wat enige speler kan bereik en ook die een keer wat spelers nie aan vet kontrakte en borgskappe behoort te dink nie.

Kan ’n mens jou indink dat een van die wêreld se grootste tennissterre soos John McEnroe dit van die hand sou wys om Amerika in die Davisbeker te verteenwoordig?

Dieselfde geld gholf se Ryderbeker en rugby en sokker se wêreldbekertoernooi.

Die bohaai wat die Blou Bulle Maatskappy nou maak omdat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vir Heyneke Meyer as die Springbokafrigter wil aanstel, is kleinlik en onnodig.

Ná die debakel oor Peter de Villiers se aanstelling in 2008, wou almal in die land, maar veral Saru, dié keer hê die Bok-afrigter moes sonder kritiek en met waardigheid bekend gemaak word.

Die BBM se verklaring het hulle én die land hiervan ontneem en só ook Meyer se groot oomblik bederf.

Die Bulle kan Meyer buitendien nie keer nie, want hy kan ’n vrywaringsklousule waaraan ’n skadevergoedingseis gekoppel is, gebruik om sy bande met die Bulle te verbreek.

’n Mens het begrip daarvoor dat die Bulle teleurgesteld is. Hulle het waarskynlik baie in hom belê en groot hoop op hom gestel.

Maar dis die een keer waar die Bulle op hul tande moes byt en Meyer in vrede moes laat gaan het om sy groot droom werklikheid te laat word.

Die Springbokke is Suid-Afrika se belangrikste span. Nie die Bulle of enige ander provinsiale span nie.

As die Bokke wen, is die paviljoene vol, groei belangstelling in die sport en syfer die voordele uiteindelik na die unies deur.

As provinsiale belange swaarder weeg as die nasionale span, is daar ’n fout in die struktuur van Suid-Afrikaanse rugby wat reggestel moet word.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Web Application Developer

JHB - Northern Suburbs
Network IT Sunninghill
R350000 - R400000

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d E90 Dsl AT
2005
R 225,900.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 174,900.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 104,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.