Boere: Sulke mooi praatjies al gehoor

2010-09-08 22:55

Suid-Afrika se kommersiële boere is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie.

Daarom sal hulle nie te opgewonde raak nie oor die uitlating van mnr. Langa Zita, nuwe direkteur-generaal van landbou, bosbou en visserye, dat daar 16 jaar ná die koms van volwaardige demokrasie weer gekyk moet word na wat voorheen in die landbousektor gewerk het en wat weer ingestel kan word.

Dié deurwinterde kommunis en ANC-kader het ook gesê sy vernaamste doelwit sal wees om seker te maak dat dít wat in landbou werk, gesteun word.

“Kommersiële landbou, in ag genome al sy uitdagings, wérk; dit verseker voedselsekerheid,” het Zita gesê.

Met die eerste oogopslag klink dit seker goed, maar mnr. Johannes Möller, president van Agri SA, het ’n realiteitsdemper daarop geplaas deur te sê hoewel hy Zita se aanstelling en sy uitlatings verwelkom, het hy al sulke praatjies tevore gehoor. En hy kon bygevoeg het: Dit het grootliks by praat gebly. Dit is die kruks van die saak.

Mens sou verwag dat landbou buite politiek gehou word, maar die geskiedenis wys hoe dit deur die ANC-regering as dit hom pas as slaansak gebruik word.

Boere moet ’n bestaan uit landbou kan maak, maar aan die ander kant moet dit so bestuur word dat die breër werklikhede van miljoene Suid-Afrikaners in ander sektore, ook verreken word. Dit lyk soms of voedselsekuriteit ondergeskik is aan politieke grille.

Die ANC-regering is vernuftig met die uitdink en propagering van idees, maar pateties wanneer dit by die uitvoering van die planne kom.

Me. Tina Joemat-Pettersson, landbou-minister, het soos Zita en pres. Jacob Zuma al heelwat mooi goed oor die boere te sê gehad. Tog het alles wat hulle belowe het presies net dit gebly – beloftes.

Daar was aanvanklik groot hoop onder die boere toe Joemat-Pettersson 19 maande gelede hul minister geword het. Dié hoop het verlede maand plek gemaak vir ontnugtering toe die minister se departement die kommersiële boere op die plaaswerkersberaad in Somerset-Wes in die rug gesteek en tot sondaars gemaak het.

Ja, daar is sekerlik gebruike van voor 1994 wat weer ingespan kan word. Soos die subsidiëring van sekere bedrywighede.

Die werklikheid is egter die landbou-speelveld in Suid-Afrika is heeltemal anders as in 1994. Tóé was daar nog 60 000 kommersiële boere, teenoor die minder as 40 000 nou. As die regering voedselsekerheid wil verseker vir die land se byna 50?miljoen mense, sal Zita se mooi woorde vinnig in dade omgeskep moet word.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

DISCOVERY ES TD5 AT
2003
R 223,500.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 205,899.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2003
R 143,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.