Vrou wil mense inlig oor arende

2012-02-03 21:50

Mev. Ronelle Visagie maak seker die jong rooiborsjakkalsvoël se vere staan mooi vir die foto. Foto: CHARNÉ KEMP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

STRYDENBURG. – Sy sorg eerder dat die bleeksingvalk mooi lyk en kam sy vere vir die foto, as om oor haar eie voorkoms en hare, wat in die warm Karoo-windjie waai, te bekommer.

Van voëls, en veral roofvoëls, kan jy mev. Ronelle Visagie niks vertel nie. Haar geborgde bakkie het al duisende kilometers agter roofvoëls afgelê. Hul gewoontes ken sy.

Sy is ’n koördineerder vir die Platberg-Karoo-Roofvoëlprojek van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT).

“Ek het in 1987 ’n advertensie in die destydse tydskif Die Boer gesien waarin vrywilligers gesoek is om te help met die eerste voëlatlas van die Universiteit van Kaapstad. Toe kry ek voëlkykkoors.”

Die oogmerk van die atlas is om die getalle en verspreiding van voëls te moniteer. Die uitslae van die atlasse (wat dekades duur) word met mekaar vergelyk om neigings te bepaal.

Die vermindering van spesies soos bloukraan- en sekretaris­voëls is kommerwekkend.

“Hulle vlieg in elektriese kabels vas, raak in kampdrade verstrengel of word gevang en geëet. Boere sit gif uit vir klein roofdiere, wat die voëls vergiftig. Sommige mense glo steeds stories dat sekretarisvoëls jong bokkies vang, maar dit is nog nooit wetenskaplik bewys of gefotografeer nie.”

Daar is baie omgewingsbewuste boere in haar omgewing. “Hulle bel my altyd as nuwe neste gesien word of probleme opduik. Ek het ook al baie wesies grootgemaak.”

As ’n burgerlike wetenskaplike moet sy opvoedingswerk doen. Sy lewer praatjies, skryf artikels, ring voëls, teken data op en ondersoek kraglynvoorvalle, veral by spoorlyne.

“Die afgestorwe roofvoëlkenner mnr. Abrie Maritz het bewys dat arende nie lammers sal vang as jy hulle eers een keer in ’n hok met ’n karkas gevang het nie.”

Sy gaan juis volgende week ’n boer help met bleeksingvalke wat hoenders vang.

“As jy hom eers een keer met ’n hoender in ’n vanghok aangekeer het, doen hy dit nooit weer nie.”

Visagie moniteer ook die aasvoëlneste in die Mokala- Nasionale Park, sowat 70km buite Kimberley.

“Daar was ’n groot brand in 2010. Dit was hartseer om te sien dat agt bome heeltemal verwoes is. Ons vermoed die aasvoëlkuikens, wat ons ’n dag tevore gering het, het doodgebrand omdat hulle nog nie kon vlieg nie.”

Sy is ook ’n ma en boervrou. Sy en haar man Stoffel boer met dorpers op die plaas Dwaalhoek.

“My gesin verstaan as ek baie weggaan. Toe die kinders klein was, het hulle skaamgekry as ek dooie diertjies langs die pad optel om vir die wees roofvoëlkuikens te voer,” lag sy.

Die twee oudste seuns, mnre. Johan en Bennie Visagie, werk reeds.

Die jongste, Sarita, is die hoofmeisie van die Hoërskool ­Hopetown.

Almal is nou entoesiastiese ­voëlkykers.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d E90 Dsl AT
2005
R 225,900.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 174,900.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 104,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.