Tien beseer toe bakkie rol
2012-02-21 22:26
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
KIMBERLEY. – Tien mense is gisteroggend vroeg beseer nadat ’n bakkie net buite Ritchie op die N12-hoofweg buite beheer geraak en gerol het.
Mnr. Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, sê dit blyk dat die ongeluk deur ’n reeks voorafgaande gebeure veroorsaak is.
“Ons vermoed die bestuurder het beheer verloor. Die mense agter op die bakkie het afgeval en die bakkie het gerol. Hy wou nie verder oor die moontlike oorsake uitwei nie.
“Die polisie sal egter ondersoek instel. Ons paramedici het op die toneel opgedaag en die slagoffers rondom die wrak aangetref.
“Die beseerdes is dadelik behandel en gestabiliseer. Hulle is daarna na die Kimberley-hospitaal geneem vir verder behandeling,” sê Wicks.
- Volksblad