Sol Plaatje verander begroting

2012-02-22 22:28

KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit wil sy begroting van R1,198miljard aanvul tot ’n bedrag van R1,367miljard om projekte te voltooi.

Dié begroting is gister op ’n spesiale raadsvergadering voorgelê, maar is uitgestel tot 28 Februarie omdat raadslede eers die begroting wil bestudeer. Dit moet kragtens die Wet op Munisipale Finansies dan goedgekeur word.

Die speaker, mnr. Vincent Diraditsele, het egter sy kommer oor die vertraging uitgespreek.

“Ek is nie tevrede nie. Die burgemeesterskomitee het die begroting reeds onder oë gehad. Hulle weet presies wat daarin staan. Hoekom is dit nie aan ander raadslede verduidelik nie?

“Ek waarsku die burgemeesterkomitees dat hulle in die komitees moet opstaan en alle dokumente uitpluis.

“Raadsvergaderings moet eerder laaste vrae beantwoord en voorstelle goedkeur, of afkeur. Dit moenie weer gebeur nie.”

Die uitvoerende burgemeester, me. Agnes Ntlangula, het die redes vir aanvulling verduidelik.

“Die munisipaliteit wil die begroting met R168miljoen verhoog. Uitgawes gaan van R1,19miljard vergroot na R1,27miljard.

“Die beoogde R149miljoen wat aan die Homevale-rioolaanleg bestee sou word, verminder na R81miljoen. Die hofsaak waarin ’n boukontrakteur die munisipaliteit ná die tendertoekenning hof toe gesleep het, het die proses vertraag.

“Verskeie projekte moet tot volgende jaar aangeskuif word omdat geld nie betyds aan projekte bestee is nie. Teikens word nie behaal nie as ’n gevolg van swak prestasie deur amptenare.

“Ons moet meer geld aan infrastruktuur bestee om ekonomiese geleenthede te ontsluit. Grootmaatdienste moet dringend uitgebrei word. Die eerste fase van die opgradering van die rioolaanleg is voltooi. Die watergehalte van Kamfersdam is nou aanvaarbaar.

“Tydens die tweede fase wil ons die aanleg vergroot met ’n verdere 15 megaliter om die toekomstige vraag te bevredig.”

Grootmaat-elektrisiteit vorder goed en ’n nuwe transformator word in Maart geïnstalleer.

Die behuisingsprojek is bevredigend en die rioolaanleg by Ri­t- chie gaan vergroot word om 2 megaliter per dag te verwerk.

“Ons het ’n bykomende R1,5miljoen eenkant gesit vir reën­skade aan paaie en die vloedwaternetwerk. Ons moet roer om erwe met dienste in Galeshewe uit te sit omdat dit ’n inkomste vir die munisipaliteit is.

“Waterverliese is baie erg. Ons is besig om sone-meters te installeer om die ligging van waterverliese aan te wys.

“Die Newton-opgaardam gaan verbeter word. Elke houer sal geïsoleer word om onderhoudwerk en onderbrekings te verminder,” sê Ntlangula.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d E90 Dsl AT
2005
R 225,900.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 174,900.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 104,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.