Polisie krap kop oor kaal lyk van vrou in boom

2012-02-21 22:32

Die oorbel van die vrou wie se lyk in die boom gekry is. Die munt wys die grootte. Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KIMBERLEY. – Die polisie krap steeds kop oor die identiteit van ’n naakte vrou wie se ontbinde lyk die naweek in ’n boom in die rykmansbuurt Belgravia gevind is.

Die lykskouing wat gister voltooi is, toon dat die vrou kaal was ten tyde van haar dood. Die polisie het ’n foto van ’n oorring uitgereik in ’n poging om haar te identifiseer.

Kons. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die lyk is Saterdagmiddag omstreeks 16:00 gevind.

“Die lykskouing toon dat sy ’n swart vrou was tussen 25 en 40 jaar oud. Sy was tussen 1,6 en 1,7 meter lank.

“Sy was reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding. Ons kon net ’n oorbel aan die lyk se linkeroor vind. Verskeie forensiese toetse is uitgevoer. Ons wag nog op daardie uitslae.”

Genl.maj. Jean Abrahams, polisiehoof in die stad, sê die polisie werk onverpoos om die raaisel en die moord op te los.

Die ondersoek word gelei deur ervare speurders onder leiding van kol. Avril Wentzel.

Mnr. Donald Munro, langs wie se erf die boom staan waarin die vrou gekry is, sê hy het rondom 6 Februarie agtergekom daar hang ’n sterk reuk in die lug.

’n Paar dae later het hy en sy werker, mnr. Edward Morake, daaroor gepraat en Morake het gesê hy ruik dit ook.

Hulle het gaan kyk en ’n groot kol onder die boom gekry. Dit het gelyk asof iemand bloed daar gestort het. Morake het dit met grond toegegooi.

Hulle het probeer om tussen die takke van die boom te sien, maar die blare was te dig.

Hy het bleikmiddel en water op die kol gegooi.

Saterdag het ’n buurman se werker die lyk in die boom gesien. Die vrou was in ’n sittende posisie heel bo in die boom.

Enigiemand met inligting word gevra om ao. Marcus Mafaro by 079-504-7011 te bel.

) Die ontbinde lyk van ’n Amerikaanse uitruilstudent, mej. Melissa Dietzel (22), is op 12 Januarie in Randwick in Sydney, Australië, ook in ’n boom gekry.

Dit was nadat inwoners in die omgewing van ’n aaklige stank gekla het.

Die lyk was in ’n boom, sowat 10 meter van die grond af. Dietsel was ’n kinderoppasser in die stad. Sy was ’n maand lank vermis voordat haar lyk gevind is.

Dié boom is intussen afgekap.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Matrikulante of Studente

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
Telesure Group Services (Pty) Ltd
R5400

Rock Star Intermediate Java Developers!!! - R200k – R300k - Randburg

Randburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R200000 - R300000

C# Software Developer

Century City, Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d E90 Dsl AT
2005
R 225,900.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 174,900.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 104,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.