Brug dalk dié week herstel

2012-02-21 22:26

Een van die staalpilare wat sal help om die brug tydelik te stabiliseer word hier deur die personeel van Botes en Kennedy Monyane nagegaan. Foto: Anena Burger

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAKAMAS. – Dié dorp se mense laat hulle nie onderkry deur die verkeersbrug op die dorp wat gesluit is nie

’n Romantiese prokureur van die dorp het selfs ’n Valentynsdag­ete vir sy vrou op die brug gereël.

Die verkeersbrug is sedert 9 Februarie vir verkeer gesluit nadat ’n pilaar, waarop ’n balk rus, gekraak het. Die brug het met 75cm gesak.

Die ingenieursfirma Botes & Kennedy Monyane is tans aan die spook om die brug te herstel.

Die ingenieurs sê hulle installeer ’n tydelike struktuur van vier staalpilare, vier drabalke bo die ryoppervlak en twee drabalke onder die ryoppervlak van die brug. Hierdie struktuur sal die brug lig en in plek hou sodat die beskadigde dralaers vervang kan word.

Sodra die struktuur gereed is, kan die brug weer oopgestel word vir verkeer in een baan. Die hoop is dat die brug teen Donderdag of Vrydag weer oop sal wees.

Die skade aan die brug is vermoedelik veroorsaak deur ’n sogenaamde aardskuddingswerm wat sedert 2010 in die gebied voorgekom het. Die swaarste trilling van ’n reeks trillings was op 18 Desember en het 5 op die Richterskaal geregistreer.

Die brug is in 1962 gebou en daar is vermoedelik nie voorsiening gemaak vir die hoeveelheid vrag en verkeer wat dit nou moet hanteer nie.

Sakebedrywighede op die dorp word negatief geraak, sê mnr. André Mayer van Fit-it.

“Ons is regtig stil. Gewoonlik in oestyd kan ons nie voorbly nie. Alles is ’n probleem. Die koeriers wil nie die grondpaaie ry om aflewerings te doen nie.”

Vir Kakamas se mense is die gekraakte brug egter nie ’n verskoning om nie by die werk te kom nie. Die mense het baie planne.

Bedags word skoolkinders en werkendes alkante van die brug op- en afgelaai en weer verder vervoer nadat hulle te voet oor die brug stap.

Inkopies is ’n nuwe ondervinding.

“Jy kyk nie meer na die prys per kilogram van jou inkopies nie, jy kyk hoe swaar jou pakkies gaan weeg wat jy oor die brug moet dra,” sê mev. Ilana Meyer.

Dan is daar die romantiese prokureur, mnr. Gideon Van der Westhuizen, wat die kans aangegryp het om sy vrou te verras vir Valentynsdag.

“Ek het net gedink, wanneer gaan mens dan nou weer die geleentheid kry om ’n glasie sjampanje op ’n brug oor die Oranjerivier te drink op Valentynsdag?”

Hy het die aand haarfyn beplan.

“Ek het haar net gevra dat sy mooi aantrek, ons gaan so ’n bietjie uit.

“Ek het my suster gevra om ’n tafel vir ons te dek op die brug.

“Ek het toe na die brug gery en toe ons oorstap, het die tafel en die sjampanje daar vir ons gewag.”

Wat hy volgende jaar gaan doen, weet hy nie.

“Dit gaan groot beplanning neem om dié aand te top.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Club Utility MY10 PU
2011
R 129,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2011
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.