ANC stof net ou projekte af, sê DA

2012-02-22 22:28

Mnr. Pakes Dikgetsi (links), Cope-wetgewerlid, praat met mnr. Andrew Louw, DA-leier. Foto: emile hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KIMBERLEY. – Die DA vermoed die ANC-provinsiale regering het slegs ou onvoltooide projekte van die rak afgehaal en afgestof en in die provinsiale rede probeer voorgee dit is nuut.

Mnr. Andrew Louw, die DA-leier in die Noord-Kaap, sê hy is teleurgesteld.

“Ons gaan vorige toesprake bestudeer en sien watter projekte word jaar ná jaar as nuwes voorgehou.“Die toepraak was futloos, oninspirerend en sonder duidelike rigting. Dit speel op ou emosies. Sy (die premier) het geen rekenskap gegee vir die provinsie se swak finansies nie. Hul ‘operasie skoon oudit’ is ’n leë droom. Sy verwys wel na die swak ouditverslag deur te sê die departemente is meer deursigtig. Niks is gesê oor tugstappe teen diegene wat verantwoordelik is vir die massas ongewone en ongemagtigde uitgawes nie.

“Geen nuwe werk is deur die provinsie geskep nie. Die uitgebreide werkprogram is eintlik ’n nasionale regeringsprojek.

Die Noord-Kaapse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap verkeer eintlik in ’n hengse gemors. Ander projekte is slegs in ’n beplanningsfase.

“Die provinsie en sy munisipaliteite is geensins toegerus om toerisme te bevorder nie. Hoe kan ons onsself bemark as ’n bestemming vir ektreme sportsoorte as ons staatsoorde in ’n haglike toestand is?

“Die Noord-Kaapse regering wil alewig die wiel herontwerp. Daar is ’n gebou langs die Kimberley-stasie wat gebruik kan word om diamante te verryk.

“Die aankondiging van die verbetering van kommunikasietegnologie in die John Taolo Gaetsewe-distrik is bemoedigend.

“Daar was geen terugvoer oor duur projekte soos die Maloof Money Cup nie. Daar is ’n hele paar landbouprojekte wat nie produktief is of oeste lewer nie. Dog wil die regering weer geld hierin pomp.

“Die premier kon steeds nie die swak matriekuitslae verklaar nie. Sy spog met dié wat wel geskryf het, maar vergeet om te sê hoeveel leerlinge skole vroegtydig verlaat.

“Die provinsie se gesondheid is kritiek. Tientalle professionele mense verlaat die provinsie, studente kom nie kontrakvoorwaardes na nie en die Kubaanse leerprogram is onder verdenking. Die regering spog oor die nuwe ambulanse, maar wie gaan dit beman? Dit is kommerwekkend dat tuberkulosegevalle steeds toeneem.

“Ons wil eerder weet wanneer die psigiatriese hospitaal klaar gaan wees en wie daar gaan werk.

“Boere het ook nog geen geld gekry ná verlede jaar se vloede nie. Die voorwaardes is ook heeltemal te streng,” sê Louw.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Club Utility MY10 PU
2011
R 129,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2011
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.