Sorg dat die beeldskone clivias in jou tuin nie te warm kry nie

2010-03-06 06:00

Die kleurryke blomme van ’n clivia helder enige tuin op. (Foto: Piet Laubscher)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Alle plante het vier fundamentele behoeftes om suksesvol te kan bestaan: water, temperatuur, (son-)lig en voeding­stowwe.

Temperatuur en lig gaan hand aan hand omdat sonlig in die natuur die bron van albei is.

Dit beteken die omgewingstemperatuur en hoe lank die dag is, of blootstelling aan lig, is baie nou aan mekaar verwant.

Clivias (of boslelies) hou nie van hoë temperature nie. Die plante groei in die somermaande glad nie of baie min.

Hulle groei goed in temperature van 18 - 28 °C en waarskynlik optimaal teen 20-25 °C. Teen 30 °C begin die groeitempo waarneembaar afneem, en teen 38 °C begin die stomas (huidmondjies) aan die onderkant van blare effens toemaak om oormatige waterverlies te beperk.

Warm temperature is dus baie onwelkom en die blare sal wys as die plant te warm kry.

Clivias reageer op wisse­lende temperature, veral wat blomvorming betref. Ernstige kwekers wat op skoue meeding, het meestal kweekhuise waar omstandighede beter beheer kan word. In die tuin sal koue in die winter die plant stimuleer om te blom sodra dit warmer begin word in die lente.

Clivias moet ’n gesonde blaarfabriek en ’n gesonde wortelstelsel hê. Hulle groei die beste in grond met ’n pH van 5 tot 6,5.



Die pragtige diep kleure van ’n Clivia miniata. Foto: Lientjie Mentz

Aard ook in houers


Die beskermde inheemse boslelie Clivia miniata is helderoranje, salmpienk of geel en blom in die lente. Hulle floreer in volskaduwee, spikkelskaduwee of met oggendson. Hulle aard ook goed in houers op die patio. Clivias hou van komposryke grond en gereelde voeding, veral vroeg in die lente voordat hulle blom.

Skouspel

Clivias sorg veral in September vir ’n skouspel in die tuin. Hulle het trosse trompetvormige blomme met stuifmeeldrade wat prominent vertoon. Al wat clivias eintlik bedreig, is slakke. Jy kan ook cliviasaad koop en self plante kweek, maar dit sal so vier tot ses jaar neem van ontkieming totdat die plantjies blom.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.