Oase van Franse skoonheid en plesier

2011-12-11 18:58

Dink aan hoe dit voel om deur ?die motorhek by Skukuza te ?ry as die vleisbraaivure reeds hoog brand en die laaste son die Afrika-lug rooi verf.

Só voel dit pal in La Garde-Adhémar in die hart van Provence, Frankryk. Dit is ’n oase wat beskutting bied teen die aanslae van die buitewêreld.

Nêrens is die gevoel sterker as by La Marjolaine, ’n algemene handelaar, kroeg en restaurant langs die hoofplein, nie.

Die meeste handelsware is peperduur. Tog koop almal daar, want dit is die enigste winkel.

’n Paar frank vir sjokolademousse is nie geld in die water nie, want ’n meestersjef berei dit voor. Dit is die beste wat ek tot nog toe gehad het: so lig soos skuim, maar pure sjokolade.

“Eet gerus deur die dag. G’n vet, solank jy proe wat jy eet,’’ sê ’n Fransman met ’n yslike neus ná ’n opmerking deur my reisgenoot dat jy daar sommer blitsig spekkies sal aansit.

Baie inwoners verwyl ure in dié restaurantjie. En waarom nie? Daar is nie veel meer te doen as om in die son te sit, vars kos en uitstekende wyn te geniet of om deur die smal keisteenstrate te stap nie.

Dis die ideale plek vir skilders en skrywers om hulle af te sonder en te arbei.

Vir naslaandoeleindes is daar selfs ’n bibliotekie, hoewel daar net sowat 200 Franse woon.

“Ca va?’’ sal hulle groet (uitgespreek “sa-waa”). Dit beteken: “Hoe gaan dit?’’

Tensy jy ’n groot klag het, eggo jy: “Ca va.’’ (Maar laat die vraagteken weg in die uitspraak.)

My enigste klag is dat dit feitlik ’n onbegonne taak was om verblyf te vind. Slegs ’n handvol kamers in private huise word verhuur.

Henri Trique, wat byna 30 jaar lank hoof van die plaaslike Unesco-bewaringsklub was, sê eiendomspryse is hoog. Daar is nie plek om in die oudorp te bou nie en buitendien sal hulle dit nie sommer toelaat nie, want daar is net te veel op die spel.

Gedurende die Middeleeue was die dorpie ’n belangrike pos, aangesien dit oor die Rhônevallei uitkyk.

Die dorp het sy naam gekry omdat die weermag van die Adhémar-familie daar gestasioneer was terwyl die Adhémars in die kasteel in die nabygeleë Montélimar gewoon het.

In die Renaissance is ’n indrukwekkende kasteel daar opgerig, maar ná die Franse Revolusie het daar net as van oorgebly.

Deesdae is La Garde-Adhémar ’n vergete provinsiale nedersetting met ’n Rooms-Katolieke kerkie wat 750?jaar oud is, sipreslanings, wingerde teen die heuwelhange en uitstekende brood vir saam met jou kossouse eet.

Sou die verbleikte-oker en -pienk geboue van La Garde-Adhémar te klein word, is die Franse Riviera met Marseille, St. Tropez, Nice en Monaco net ’n hanetree ver. Gevolglik woon daar heelparty sakemense wat nie elke dag op kantoor hoef te wees nie omdat hulle danksy moderne tegnologie van die huis kan werk.

’n Daguitstappie na die Alpe is nog ’n moontlikheid. Vermy dit egter as die mistral, ’n koue wind uit die noorde, waai.

Huur ’n Citroën of Fiat en besoek Grignan en Dieulefit, wat byna net so mooi as La Garde-Adhémar is. Montélimar is weer bekend om sy nougat.

Stap na van die landerye om die dorp. My reisgids het só die pad aangedui: “Stap verby die olyfboord tot by ’n perskekleurige huisie. Neem die perdepaadjie tot by die groot, groen kaktus waar tamaties en knoffel in die seisoen te koop is.’’

Moet nie al dié dinge binne ’n dag of twee probeer doen nie. Soos ons gasvrou gesê het: “Rus soms in die dag, anders rus jou oë en ore nie genoeg om die mooi werklik in te neem nie.’’

Mag La Garde-Adhémar se mooi en vrede so bly tot ’n volgende besoek.

Gesellig in Nice, net ’n daguitstappie ver van La Garde-Adhémar, in die hart van Provence, Frankryk. Foto: Jens Friis
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Club Utility MY10 PU
2011
R 129,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2011
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.