Nuut op die rak

2010-02-06 06:00

Tuinmaak in Suid-Afrika deur die jaar
deur Marianne Alexander

Random House Struik: R179,95



Dit is nogal ’n uitdaging om ’n tuinboek te publiseer wat werklik al die uiteenlopende streke van Suid-Afrika in gedagte hou.

Marianne Alexander se Tuinmaak in Suid-Afrika deur die jaar slaag in ’n groot mate daarin om iets vir tuiniers oor die land heen te bied.

Die boek bied ’n maand-vir-maand-gids van wat in die tuin gebeur, tuintake vir die spesifieke maand, wat om in die kombuis- en vrugtetuine te doen, die geurtuin, plae wat in daardie tyd beheer moet word en wat daardie maand blom.

Alexander skryf ’n mens moet in gedagte hou dat daar geen vaste reëls in ’n tuin is nie en dat wat vir een werk, nie noodwendig vir ’n ander sal werk nie. “Boonop sal daar noodwendig probleme wees omdat jy iets skep wat vreemd is aan die natuur en daarmee bots. Vertrou jou gesonde verstand en werk sover moontlik met die natuur saam.”

Dit is ’n hardebandboek met pragtige foto’s – veral van die blomme van die maand. Daar is ook deurgaans praktiese wenke van hoe om te plant, hoe om kompos te maak en selfs steggies te kweek. Tuinmaak in Suid-Afrika deur die jaar is ’n moet-hê- gids vir alle tuiniers wat wil weet wat om wanneer in die tuin te doen.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as Gardening in South Africa throughout the year.

Immergroen
deur Dave Pepler

Human & Rousseau: R275



Mense ken Dave Pepler danksy die gewilde omgewingsprogram Groen op kykNET.

Die wonderlike koffietafelboek Immergroen: Stories oor plante is dus ’n wonderlike aanvulling vir sy passie vir die natuur. Die boek is ’n versameling verhale oor 25 plante waarvan sommige as essays in Visi verskyn het.

Daarin vertel Pepler hoe sy oupa Boy le Roux hom reeds kleintyd in ’n kruiwa veld toe saamgestoot het. Hy het as’t ware met ’n diep liefde vir plante grootgeword. In Immergroen vertel hy stories uit sy verlede, maar bring ook die kunste, die land se geskiedenis en die wetenskap by.

Die foto’s is geneem deur Lien Botha en bied elke blom of plant as ’n kunswerk aan.

Nostalgie word deur die boek vervleg en Pepler trek jou met sy boeiende verhale saam met hom die wonderwêreld van Suid-Afrika se planteryk in.

Die boek is regtig iets besonders en sal ’n aanwins wees vir die natuurliefhebber se boekrak.

Healing Trees & Plants of the Lowveld
deur David Cumes, Rael Loon en Dries Bester

Random House Struik: R105



Hierdie handige sakboek bied ’n gids vir natuurhelers, botaniste, beroepsgidse in die Laeveld en ander wat geïnteresseerd is in mediese plante.

David Cumes, ’n dokter en opgeleide sangoma, bestudeer al jare lank medisinale gebruike van plante en alternatiewe gesondheid. Hy het al verskeie boeke oor die onderwerp geskryf en het ’n groot respek vir die Afrika-kulture se gebruik van medisinale plante.

Rael Loon is betrokke by ekotoerisme en bewaring en het ook ’n groot belangstelling in moeti-plante en Dries Bester is ’n voormalige professor in so­siologie en deesdae ’n geregistreerde toergids en doen omgewingsimpakstudies.

In die gids bespreek hulle kortliks meer as 150 plantspesies van die Laeveld en beskryf hul primêre mediese gebruike.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.