Monument vir moederaarde

2010-03-06 06:00

’n Paar dae se uitspan in Hogsback in die Oos-Kaap se lafenis is gelykstaande aan die stilte van ’n spirituele toevlugsoord.

Want daar kry jou kop en siel rus en jy word weer herenig met die natuur en “Hogsbakens”, soos hulle hulself noem.

Een so ’n persoon is Diana Graham, skepper van die Eco-Shrine naby The Edge.

Hierdie Eco-Shrine is op die rand van ’n ou reënwoud gebou en tuur oor die Tyume-vallei en die Hogsback-gebergtes uit.

Om Graham te ontmoet, is soos om deur ’n meteoriet getref te word wat jou, die luisteraar, uit jou wentelbaan ruk. Haar vasberade, driftige liefde vir die aarde en kuns en die manier waarop sy dit vinnig verduidelik, laat jou ná elke sin nadenkend oor die lewende aarde.

Graham se belangstelling in en begrip vir die aarde en simbiotiese verhoudings met alle lewende organismes, asook haar belangstelling in wetenskaplike verklarings van die oorsprong daarvan, was haar inspirasie om die Eco-Shrine te bou.



“Vir duisende jare het ons voorouers geglo dat die aarde heilig is. En met die Eco-Shrine wou ek weer gestalte gee aan hierdie ‘heiligheid’,” sê Graham, wat op ’n plaas in die omgewing grootgeword het. Sy was vroeër met die kunstenaar Hilary Graham getroud.

Sy en ’n bouer, Dagamnyama Wara, het die Eco-Shrine in 1995 gebou en dit is in 1996 vir die publiek oopgestel.

“‘Eco’ staan vir ekologie of omgewing en met ‘shrine’ het ek ’n monument impliseer. Want hierdie is ’n monument vir die omgewing – ’n soort heiligheid.”

By die ingang van die Eco-Shrine begroet twee gekerfde sementengele genaamd Angels on the Gates elke besoeker.

Hierdie engele is saamgestelde beelde van ’n voël, ’n vrou en ’n man. “Dit simboliseer die verhouding tussen die mens en ander spesies.

’n Voël op ’n paal is ook die universele simbool vir ’n veilige pad vir die gees om te vertoef,” sê Graham.

Die Eco-Shrine, wat byna so groot soos ’n tennisbaan is, lê uitgestrek in die tuin. Daar is ’n “venster” waar die besoeker kan uitkyk oor die veranderende landskap met sy mis, wolke, sneeu in die winter en ongerepte weligheid – eie aan Hogsback.

Die “monument” se argitektuur, beelde, mosaïekwerk en skilderye vang dié “maagdelikheid” van moederaarde vas.



Die oliewerke aan die suidelike kant van die Eco-Shrine is Graham se spontane reaksie op die wetenskaplike verhaal van die ontstaan van die wêreld.

Haar oliewerke – Origins of Earth, Earth Seeds, Fossil Record of Life, Eco-Angel en Visualising Earth’s Origins – wat in die traanvormige, regopstaande strukture gemessel is, dra die tema van oorsprong, ontwikkeling, kreatiwiteit en die natuur as ’n lewende organisme.

Die mosaïekwerk aan die noordekant van die Shrine is in die sementwerk ingeëts. Hierdie werk is samestellings van San-kunstenaars, wat deel van die Hogsback-area was, se sketse en foto’s van die heelal soos deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem. Fyn werke van naaldekokers, fossiele en ander verfynde afwerkings maak deel uit van die sementwerk wat die evolusie van lewe demonstreer.

’n Visdam met koi-visse staan in die middel van hierdie grootsheid. “Ons het ons eie sisteem gebou waaraan ons verslaaf is. En hierdie arrogante sisteem is besig om die wêreld te vernietig.

“Eintlik is dit ’n groot sonde wat ons met die aarde doen.

“Hierdie is my gedeelte waarmee ek ’n verskil wil maak,” sê Graham.

Sy het in 1998 die Amerikaanse Green Dove-prys ontvang uit erkenning van projekte wat die verbintenis tussen ekologie, sielkunde en spiritualiteit uitbeeld. Vandag besoek mense hierdie gedenktuin vir meditasie, werksessies en konserte.

Maar Graham benadruk dat die Eco-Shrine nie aan enige geloof gekoppel is nie, hoewel sy al die gelowe respekteer.

“Dis ’n riem onder my hart as ek sien mense word stil en bewoë as hulle die Eco - Shrine sien. Dis vir my dan soos op stil dae, waar ek

Haar steeds hoor asemhaal,” sê ’n belese Graham terwyl haar hond, Olive, ’n wakende oog oor die ateljee hou.

Graham, wat ook die voorsitter van Hogsback se Friends of the Forest is, noem dat sy daagliks tussen 09:00 en 13:00 skilder.

“Mense moet daagliks ’n poging aanwend om natuurlik en na aan die aarde te leef. Dit is mos ’n hoë gehalte van lewe.”

En as jou motor daarvandaan koers kies, hoor jy steeds Graham se begeesterde stem – ’n stem wat namens die aarde by haar “kinders” pleit om ’n groener bewussyn.

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.