Maak stukkie vir stukkie

2010-03-06 06:00

Een van Ira Bekker se mosaiëkwerke. Foto: Ira bekker

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mosaïekkuns het twee kante,” ?vertel Ira Bekker, eienaar van Studio Ira Bekker, wat spesialiseer in mosaïekkuns.

“’n Mens kan dit as ’n kunsvlytprojek aanpak of jy kan ’n volskaalse kunswerk daarmee skep.”

Volgens Bekker is mosaïek ’n toeganklike medium. “As jy ’n fout maak, of nie hou van wat jy gedoen het nie, verwyder jy net die teeltjie.

“Studente wat my klasse bywoon, strek van driejarige kinders tot bejaarde vroue. ’n Mens hoef nie ondervinding in ’n kunsmedium te hê om mosaïek te kan doen nie.”

Basiese toerusting


’n Teëlsnyer, om jou teëltjies kleiner te sny

’n Nipper, waarmee jy jou teëls in die gekose vorm sny.

Jou materiale

Bekker sê as dit by teëltjies kom, is die keuse legio. Sy maak gebruik van keramiek, porselein- en glasteëls, maar het ook ’n voorliefde vir optelgoed en knopies.

“Mosaïek kan ’n duur stokperdjie wees, maar soos met alles hang dit af waar jy jou materiale koop.”

Sy klop ook gereeld by pottebakkerye en teëlwinkels aan om gebreekte ware en tweedehandse goed te koop.

“As jou fyn porseleinkoppies breek, is daar geen rede om dit weg te gooi nie. Jy kan dit net weer in ’n mosaïek gebruik.”

Plak dit vas

Jou keuse van gom hang af van die oppervlak waarop jy werk en waar die mosaïekwerk gebruik gaan word.

As jou mosaïek binne gaan staan en nie aan die water of elemente blootgestel gaan word nie, is gewone houtlym voldoende, sê Bekker.
In vertrekke soos badkamers en met meubels wat buite gaan staan, is teëlgom ’n beter keuse.

Die pleisterklei wat jy tussen die teëltjies invoeg, moet ook met ’n bindingsvloeistof gemeng word as dit aan vog of die elemente blootgestel gaan word.

“Onthou ook dat die oppervlak waarop jy mosaïek gaan doen klaar geskik moet wees vir die doel waarvoor jy dit gaan gebruik. ’n

Oppervlak wat nie waterdig is nie, gaan nie deur die mosaïekwerk geseël word nie,” waarsku sy.

Ek wil dit ook doen

Bekker sê hoewel enigiemand mosaïekwerk kan doen, is dit goed om aan die begin eers ’n bietjie leiding te kry.

“Ek stel voor mense moet eers ’n klas of twee bywoon. Hulle sal mosaïekwerk daarna baie meer geniet.”

Sy sê dit besweer ook mense se vrees dat hul eerste poging tot mosaïek ’n mislukking gaan wees.

“In my beginnerslesse werk ons gewoonlik op plat oppervlakke omdat dit makliker is as voorwerpe met kurwes.

“Ronde oppervlakke verg meer beplanning omdat jy net ’n derde van die oppervlak sien en die teëltjies baie fyner moet sny,” verduidelik sy.

Mosaïek-ateljees

Studio Ira Bekker (Johannesburg)
Hoek van 9de straat en 7de laan, Melville
083 739 7139
www.studioirabekker.co.za

Mosaic Works (Kaapstad)
Eenheid 2, Peter Park, hoek van Montaguerylaan en Marconistraat, Montague Gardens
021 551 2532
www.mosaicworks.com

Mosaic Arts (Pretoria)
Siersteenstraat 107, Silvertondale
012 804 7392
www.mosaicarts.co.za

Crafts Step-by-Step (Bloemfontein)
Emily Hobhouseplein, Dan Pienaarrylaan
079 399 5628

@Art.Com (Bloemfontein)
Reidstraat 20, Westdene
051 448 0499

Polka Dot (Bloemfontein)
The Square: Pretty Garden-leefstylsentrum,
Langenhovenpark
082 769 1545

 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.