Kostendense vir 2012

2012-01-20 22:12

’n Heerlike, verfrissende somerdrankie, met of sonder alkohol, om 2012 op ’n gesonder wyse aan te pak. Foto: Charl Leslie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

1. BESPARING/NOSTALGIE: Kospryse was nog nooit so hoog nie, en die fokus gaan vanjaar dus val op goedkoper vleissnitte en die gebruik van outydse familieresepte (dikwels met ’n kinkel). Mense gaan meer tuis kuier.

2. ONTSPANNE ETENSTYE: Dis “in” om ’n ontspanne atmosfeer te skep, of jy nou tuis of in ’n restaurant eet. Minder dekor, gedeelde tafels en vintage-breekware is wag­woor­de.

3. KOS VAN ELDERS: Kos uit Skandinawië (diepgebraaide mos, enigiemand?), Peru (veral ceviche, waar byvoorbeeld salm met suurlemoensap “gaargemaak” word) en Marokko is “in”.

4. KALFSVLEIS-FRIKKADELLE: Kalfsvleis is ’n byproduk van melkkoei-boerderye (dit is manlike kalwers) en dus is dit nie ’n vermorsing nie. Soutbeesvleis gaan glo ook vanjaar op meer mense se borde wees.

5. PIEKELS:
Nie noodwendig in asyn nie, maar ook met behulp van natuurlike fermentasie. Suurdeegbrood en Koreaanse kimtsji (amper soos suurkool) is modieus.

6. OLIEBOLLE EN DIEPBRAAI: Oliebolle kry ’n nuwe voorkoms, gegeur en gevul met lekkernye soos swartbessie-jellie, crème brûlée of panettone. Churros, ’n soort Spaanse oliebol gevul met karamel, sjokolade of selfs koejawel, en gedoop in dik, warm sjokoladesous, is ook witwarm.

7. SOET EN SOUT: Dit het begin met gesoute karamelsous en verwag nou bros stukkies spek in sjokolade wat in gebak gebruik word – soos ’n esdoringstroop-makrolletjie (macaroon) of as vulsel vir ’n oliebol. Dink aan hoe die Amerikaners hul pannekoek, esdoringstroop en spek eet – die lyn tussen soet en sout vervaag.

8. MANS IN DIE KOMBUIS: Deesdae neem al hoe meer mans die rol van tuis-sjef oor – goed so!

Lekker somer resep


Kersie-en-bessie-pons

Onthou daardie somerpartytjies van weleer waar jou ma se pons ’n treffer was.

Dié pons-resep is ’n vrugtestroop wat met limonade of sodawater en gemmerlim verdun word. Laat die alkohol weg vir die kleinspan. Die speserye is vanielje (vir ’n heerlike soet aroma), kaneel (voeg ’n lekker geur by), ster-anys (al hou ek nie van die geur op sy eie nie, werk dit hier) en rissies (dit voeg nie skop by nie, dit verbeter net die geure van die ander speserye). Pas die speserye (en die bessies) aan na gelang van hul beskikbaarheid en jou smaak vir ’n heerlike, verfrissende somerdrankie.

1,5 liter bessie-en-kersie-sap van die Real Juice Company
250 ml suiker
1 vanieljepeul, oopgesny en sade uitgekrap
1-2 kaneelstokkies
1-2 gedroogde rissies
2-5 ster-anyse
400 g aarbeie, in kwarte gesny
2x200 g bakkies bloubessies en kersies
250 ml lemmetjie-vrugtestroop (lime cordial)
375 ml wit rum
375 ml (bessie-) vodka
1,2 liter limonade/sodawater
600 ml gemmerlim
ys en mentblare, om te bedien

  • Bring die sap, suiker en speserye in ’n kastrol oor matige hitte tot kookpunt. Roer totdat die suiker opgelos het.
  • Sodra dit kook, voeg die kersies by, wag ’n minuut en verwyder die kastrol van die hitte.
  • Voeg die ander bessies by en roer. Laat afkoel, verwyder die speserye en verkoel.
  • Meng die bessiemengsel met die lemmetjie-vrugtestroop, rum, vodka, limonade of sodawater en gemmerlim.
  • Sit voor in ’n mooi outydse ponsbak met die ys en die mentblare.
  • Die resep maak ongeveer 5 liter pons.






binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Club Utility MY10 PU
2011
R 129,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2011
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.