Groot hondhart klop warm

2011-12-11 18:58

“Pretoria? Nee, Graaff-Reinet waar jy nie net Jakarandas nie, maar die meeste netjies-bewaarde historiese huise én geboue in enige dorpie sal kry!” Foto: MARISKA SPOORMAKER

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dié yorkie lyk soos ’n helikopter met sy beentjie wat so roei in die wind.

Sy mens-ma het hom aan die halter-gedoente opgetel omdat hy (lelik aggressief, hoor!) verby ons tot binne-in my Graaff-Reinet-gastehuis wil beur.

My honde agter die groen voordeur van die pragtige, gerestoureerde, historiese huis is nog buite sig, maar die yorkie het lankal dié drie vreemdelinge van die Baai geruik.

Die goed versorgde blonde vrou raas met haar yorkie-helikopter; ek maak die voordeur oop sodat sy kan sien hoekom dingetjie so blaf.

“Het jy al drie jou honde saamgebring? Mag hulle bly in hierdie deftige plek?”

Ja, want daar is ’n lekker groot tuin waar Snoefels, Koppelteken en Mielies kan hond wees. En genoeg beskutting vir buite slaap.

Die vrou lig Yorkie tot by haar gesig; druk haar neus in die hondehare. “As honde én die Karoo eers in jou bloed is, kan jy hoe lank op ander paaie gaan loop, maar jy sal altyd weer terugkeer.”

Net so. Tog; baie mense kan nog sonder die Karoo, maar die meeste kan nie sonder honde nie.

Dié dat dit so jammer is dat honde nie altyd by oornagplekke welkom is nie en hul base sonder hulle op reis moet gaan.

Ek wou nog altyd die Karoopad met al drie my honde vat, maar dit het ’n geneukery gebly. Met een kan jy wegkom of wegsteek, maar drie?…

En toe ek hoor die vierster-De Kothuize in Graaff-Reinet is (letterlik) hondvriendelik, laai ek my drie geliefdes vir een van die lekkerste Karoo-belewenisse tot nog toe. De Kothuize is die versamelnaam vir die 14 historiese Graaff-Reinet-huisies wat deur die Johannesburgse nyweraar Peter Curle na hul oorspronklike staat gerestoureer en nou selfsorg-gastehuise is.

Al met die wegtrek uit die Baai kon ek sweer ek hoor Koppelteken aan die ander sê: “Ek weet ons gaan Karoo toe, want laas toe ek saamgegaan het soontoe, het Ma net so gesit en glimlag agter die stuurwiel.”

Ons was skaars verby Uitenhage op die R75 toe sit hy al voor. Dis om die blouapies, bloukraanvoëls, spekboom, meerkat, skaap, skilpad en bok beter te kan sien, hyg hy al slobberende in my rigting toe ek sê hy moet weer agter gaan sit.

Ons draai eerste af na Glenconnor, ’n verslete en vergete ou spoorwegdorpie.

Net toe Koppelteken klaar been gelig het teen die ou skoolmurasie, hou ’n man in ’n stokou blou Opel Kadet stil. “Mevrou, is dit nou alles jou honde? Hier is ongelukkig nie oornagplek nie, maar hier is vriendelike mense.”

Die treine moet net weer begin loop, dan sal Glenconnor dalk weer lewe kry, sug hy en ry stadig weg.

’n Ent verder, terug op die R75, speel die blouapies langs die pad.

Koppelteken wil mal word.

“Grys katte met baie lang sterte!” Mielies begin piep. Sy hou daarvan om katte te jaag.

Ek wil afdraai na Kleinpoort, maar ek weet die inwoners langs die Boerewinkel hou katte aan.

Naby Wolwefontein begin Snoefels, oudste van die klompie, kerm.

Net voor die tamaai strooipop wat sê Wolwefontein Mall – maar dis ’n winkel(tjie) – draai ons links van die R75.

Koppelteken hardloop reguit na die hoenders; Snoefels na piepie-graspol. Mielies verken die Mall saam met my. ’n Interessante plek; met enigiets van handvervaardigde produkte na kitsch en antiek.

Ek hou veral van die artikels met die groen etikette – dit wys Wolwefonteiners het dit self gemaak. Andries, man van die winkel, tel ’n botteltjie liggeel heuning op. “Nêrens anders ter wêreld behalwe op Wolwefontein kry jy hierdie kleur heuning nie. Dis ’n blommetjie in die omgewing.”

Die namiddaguur trek langer skaduwees; ons moet ry voordat al die koedoes weer pad toe begin kom.

Maklik ’n honderd kilometer verder is die drietal se blaas nog leeg en pens vol genoeg sodat hulle nie in Jansenville hoef uit te klim nie.

Anderkant Ravelshoogte uit sprei die Karoovlak ondertoe so mooi uit dat Koppelteken tjoepstil sit en dit al peinsende inneem.

So 65 km verder land ons in ’n pers Graaff-Reinet. Jip, nie net Pretoria het Jakarandas nie. Koppelteken gaan merk dadelik die tuin as syne; Mielies snuif die lug of sy kat kan ruik. Snoefels, die oudste, krul op in die skaduwee onder die druiweprieel.

Aand se kant – die Karoo is mos nog veilig – gaan stap ons vier.

Straat op; straat af. Dit voel of ons in ’n honde-movie is.

Die volgende oggend staan hulle al voor koffie reg vir die volgende verkenningstog. ’n Man roep al laggende van oorkant die straat: “Hene, mevrou, maar jy het baie kinders!”

Nog Graaff-Reinetters kom vryf kop, vra na stokou Snoefels, lag vir Mielies se naam of vertel hul eie hondstories. Ek leer mense én harte ken wat ek nooit eens geweet het bestaan in Graaff-Reinet nie. Die dorp het ’n groot hondhart. Hierdie besoek met Koppelteken, Mielies en Snoefels is my onvergeetlikste Karoo-belewenis.

  • Kry meer inligting oor De Kothuize by www.dekothuize.co.za; skakel 0 082 571 6539; stuur e-pos na info@dekothuize.co.za.




“Pretoria? Nee, Graaff-Reinet waar jy nie net Jakarandas nie, maar die meeste netjies-bewaarde historiese huise én geboue in enige dorpie sal kry!” Foto: MARISKA SPOORMAKER
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Club Utility MY10 PU
2011
R 129,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2011
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.