Die kuipertradisie

2010-07-23 22:25

Brandewynvate word meganies gemaak en ingevoer, maar tot in 1985 is vate in Suid-Afrika met die hand gemaak (soos steeds in lande soos Frankryk gedoen word).

’n Kuier by die KWV, Suid-Afrika se grootste distilleerdery, in Worcester, saam met die afgetrede veteraankuiper William Springfeldt, het die herinneringe herroep.

Hy neem nou mense op toere en praat passievol oor die tradisie wat “destyds hier gelewe het”.

“My pa was ’n kuiper – ’n fris man. Ek was maar ’n pikkie toe ek hom begin help het.”

Sy pa het vate vir die boere in die omgewing gemaak. Baie mense het nog nie spoeltoilette gehad nie, en hy het begin om die klein balies vir die toilette te maak.

“Ek en my broers het almal kuipers geword, maar die tradisie het by my linkshandige seun geëindig.”

Springfeldt illustreer hoe een vat per dag gemaak is: ’n Modelletjie meet die hoek van die houtstawe (dye).

Dan word dit met net die hulp van die blote oog gesny. Hoe skerper die hoek, hoe kleiner die ronding en hoe kleiner die vat.

Volgens Springfeldt pas daar sowat 26 dye in een vat.

Daarna word die vat met ’n lapkwas van binne nat gesprinkel.

“Die vat word dan oor ’n vuur gesit om die binnekant warm te maak, maar jy wil nie hê dit moet brand nie.

“Die natheid maak die stawe buigbaar. ’n Geoefende oog ken die kleur van ’n vat wat klaar ‘gerooster’ is.”

Terwyl die vat oor die vuur is, moet die staalhoepels oor die vat geplaas en vasgetimmer word.

“Dit moet netjies vasgeslaan word, van onder tot bo, totdat die dye natuurlik in vorm buig.

“Die dye en hoepels is nie altyd gelyk nie, dan moet jy jou arm insteek en dit van binne af ‘uitrig’. Maar só skroei jy al jou armhare af!”

Hy wys hoe die kop (deksel) gemaak en die stawe met houtpennetjies aanmekaar gehou word.

“Staalspykers sal jou brandewyn die ene staal laat proe.”

Sodra die deksel netjies pas, moet hy stewig van binne vasgekap word en Springfeldt gaan haal “die duiwel”, ’n lang staalpyp met ’n krom voorpunt.

“Dit moet deur die gaatjie gedruk word om die deksel van binne boontoe te kap. Die duiwel doen mos al sy werk in die donker,” skerts hy.

Die kuipers het ’n naam vir alles gehad.

“Dís die flennie-yster en word teen jou broek gestut terwyl jy werk.

“Jou broek het op daai plekkies deurgeskaaf en die vrou moes ’n stuk flannel daar inwerk om die broek stewiger te maak.”

Hy seël die stawe tussenin met repies palmiet en slaan die hoepels stewig vas.

“As jy klaar is, timmer jy jou persoonlike deuntjie op die vat uit om vir die ander te laat weet jy is klaar.”

Om alles af te rond, kerf hy drie diamantjies, wat sy voorletter vorm, op die vat uit.

“Ai, en as mens dan aan die einde van die dag so wegstaan en jou werk bekyk, was jy elke keer trots.” 


binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.