Brandewyn, kuierwyn

2010-07-23 22:25

Sjef Francois Ferreira is ’n lid van die Suid-Afrikaanse brandewyngilde en dra by tot die waardering van brandewyn. Foto: Samarie Smith

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Karoo in die winter het vir my ’n spesiale bekoring, daardie yskoue nagte en die heerlike sonnige dae met ’n byt in die lug vroegoggend en laatmiddag.

Sjef Francois Ferreira klim agter die potte in vir hitte en hou ’n bottel brandewyn naby …

Die yskoue nagte kan mos baie beter word voor ’n vuur of in ’n kombuis met ’n Aga-stoof, lekker kos en een van ons land se ikone, brandewyn.

Die genot van brandewyn en kos is vir baie mense ’n vreemde kombinasie. Hoekom, vra ek een aand aan tafel, is almal sku om brandewyn met kos te geniet; dit word van dieselfde druif as wyn gemaak, dus behoort dit goed te werk.

My gasheer en gasvrou het maar skepties gelyk en toe besluit ek om die volgende aand ’n proesessie aan te bied.

Storm die volgende oggend dorp toe en stuur ’n gebedjie op dat ek iewers in die dorp ’n goeie potstill of twee kan kry.

Anders as ’n vermenger-brandewyn is ’n potstill gemaak om op sy eie met ’n bietjie ys of water gedrink te word en so kan jy die ware siel van die brandewyn waardeer.

Wonder bo wonder kry ek toe, effe weggesteek, ’n bottel Nederburg Solera, Klipdrift Gold en vyf jaar oue Joseph Barry Cape Pot Still.

My gebede is verhoor en ek kon daardie aand bewys dat brandewyn in en saam met kos werk.

By die huis kook ek ’n storm los en dié aand sit ons aan vir kos en brandewyn.

Ek sit toe die drie bottels op die tafel en laat almal elke brandewyn op sy eie proe.

Eerste ruik jy dit so 5 cm van die neus, dan in die glas en daarna neem jy ’n klein teugie en laat dit oor jou tong glip.

Dan gooi jy ’n teelepel water by. Die brandewyn maak oop soos ’n dahlia om jou op ’n rit van geure te neem: Neem nog ’n teug en jy kan nie glo dit is dieselfde brandewyn nie.

Die kos word op die tafel gesit, die brandewyn word weer geskink en almal geniet ’n aand met brandewyn en kos.


Van Ryn’s-distilleerdery buite Stellenbosch bied ’n vleisbord van organiese spesialiteitsvleise van Steve Jeffery aan.
Hy het drie vleise gekies (bauernspeck, pancetta en bresaola) om drie brandewyne van die distilleerdery te komplementeer.
Vir handelsure en toertye, besoek gerus www.vanryn.co.za.

Borsstuk met heuning-en-brandewyn-masalasous
Genoeg vir 4

45 ml olie
900g borsstuk ( brisket ), in repe
250ml bief-ekstrak
2 uie, in dun skywe gesny
sout en peper na smaak

Heuning-en-brandewynsous

125 ml heuning
125 ml water
100 ml brandewyn
60 m l garam masala
2 knoffelhuisies, fyngedruk

Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die borsstuk-repe bietjie vir bietjie totdat almal geseël is.

Skep die vleis uit en soteer die uie in die olie tot sag. Voeg weer die vleis by. Geur na smaak en giet die ekstrak oor die vleis.

Plaas die deksel van die drukkoker op en verseël. Laat kook vir 30 minute. Skakel die plaat af en laat die druk verminder totdat die pot oopgemaak kan word.

Kombineer die sousbestanddele, giet oor die borsstuk en laat prut vir omtrent 10 minute.

Sit voor met gekookte aartappels en groente.

Italiaanse varknekbredie
Genoeg vir 4-6

1 kg varknek, in blokkies gesny (2 cm x 2 cm)
60 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
15 ml vars gekapte salie blare of 7,5 ml gedroogde salie
sout en peper na smaak
vars gerasperde neutmuskaat na smaak
750m l rooiwyn
750ml vars tamatiepulp
2 blikkies rooi bone, gedreineer

Verhit die olie in ’n pan en braai die knoffel en salie. Voeg die varknek by en geur met sout, peper en neutmuskaat.

Sodra die vleis bruin is, voeg die wyn en tamatiepulp by en laat kook oor lae hitte totdat die wyn en tamatiepulp met 50% ingedamp het – dit behoort tussen 20 en 25 minute te duur.

Net voor opdiening, voeg die bone by, verhit deur en sit voor met varsgebakte brood en ’n lekker brandewyn.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.