- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Wat dink jy van mesaanval?
deur MyVolksblad-redakteur
2011-01-17 11:53
Mev. Alette de Beer (72) van Waterbron, Bloemfontein, se waarskuwing aan mense is dat jy níémand van die straat af werk gee nie, nie eens ’n netjiese skoolkind nie.
De Beer vertel die oopgesig-tienerseun, wat netjies in ’n grys langbroek, ligte langmouhemp en oortrektrui geklee was, het by haar hoewe aangekom op soek na ’n los werkie.
Sy het met alle mag terugbaklei terwyl hy haar aanhoudend met die messe probeer steek het.
’n Bebloede De Beer het dit eindelik reggekry om die paniekknoppie te druk.
Wat dink jy? Het De Beer te veel vertroue in die jong man gehad? Het hy van die begin af `n plan gehad - om te steel?
Lewer hier kommentaar of stuur briewe na mjlourens@volksblad.com.