- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Sink die Cheetahs?
deur MyVolksblad-redakteur
2011-01-12 09:08
Sowat ’n maand voor die begin van die Super15-rugbyreeks is die
Cheetahs steeds sonder ’n hoofborg.
Volgens mnr. Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugbyunie
(VRU), het die unie egter verskeie bronne van inkomste, is ’n rits
medeborge al gefinaliseer en gaan sake soos normaal voort terwyl op ’n
nuwe hoofborg gewag word.
Vodacom se hoofborgskap het einde 2010 verstryk en die
selfoonmaatskappy het onder meer besluit om nie weer sy borgskap by die
Vrystaat of Westelike Provinsie te hernu nie.
Is jy bekommerd oor die voortbestaan van die Cheetahs? Om watter rede dink jy sukkel hulle om `n hoofborg te kry? Waar dink jy lê die probleem?
Lewer hier kommentaar of stuur `n brief aan mjlourens@volksblad.com.