- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Sê jou sê: Wat dink jy van die Dewani-drama?
deur MyVolksblad-redakteur
2010-12-08 09:49
’n Versoek om die uitlewering van mnr. Shrien Dewani (31) word ernstig oorweeg deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ná gister se skokgetuienis dat hy die opperbrein agter die moord op sy vrou, Anni (28), was.
Zola Tongo (31), wat dié onthulling in sy pleitstukke in die Wes-Kaapse hooggeregshof gemaak het, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
Hy het skuld beken op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord en regsverydeling.
Volgens Tongo het Shrien Dewani die moord in besonderhede beplan en was bereid om R15000 daarvoor te betaal. Lees die volledige berig hier.
Wat dink jy van die saak?