- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Sê jou sê: LUR se bestuurder jaag
deur MyVolksblad-redakteur
2011-01-18 09:03
Die motorbestuurder van die Vrystaatse LUR vir gesondheid is gister weens beweerde roekelose en nalatige bestuur aangekeer, toe hy glo teen 185km/h op ’n plattelandse pad gejaag het.
Dit is die tweede voorval die afgelope weke waarin hoë Vrystaatse regeringsamptenare of mense na aan hulle die snelheidsperk verontagsaam.
Dié keer is die beweerde jaagduiwel die motorbestuurder van die Vrystaatse LUR vir gesondheid, me. Sisi Mabe. Mnr. David Mokoena het na bewering gisteroggend tussen Petrus Steyn en Reitz 185km/h in ’n 100km/h-sone gery.
Wat dink jy is die storie? Dink jy dit gebeur op `n gereelde grondslag, of nie te gereeld nie? En dink jy omdat iemand soos `n LUR, laat is vir `n afspraat, dit hom reg gee om te laat waai?
Lewer hier kommentaar of stuur briewe na mjlourens@volksblad.com.