- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Sê jou sê: Kovsie-leuse verander
deur MyVolksblad-redakteur
2011-01-11 09:29
`n Storm in die kleine het losgebars oor die Universiteit van die
Vrystaat (UV) se besluit om die woord “God” in sy leuse deur die woord
“waarheid” te vervang.
Beswaarmakers meen die weglating van “God”
uit In Deo Sapientiae Lux (In God is die lig van wysheid) ontneem die
UV sy tradisioneel Christelike karakter.
Die nuwe leuse, In
Veritate Sapientiae Lux (In waarheid is die lig van wysheid), is reeds
deur die senaat en universiteitsraad goedgekeur, maar word glo eers
einde Januarie amptelik bekend gestel. Lees die volledige berig hier.
Wat dink jy van dié verwikkeling? Sal dit jou keer om jou kind by die universiteit te registreer? Dink jy dit benadeel die meerderheid Christen-studente van dié kampus? Lewer hier kommentaar of stuur `n brief na mjlourens@volksblad.com.