- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Sê jou sê: Hoe voel jy oor vuurwerke?
deur MyVolksblad-redakteur
2010-12-30 10:28
Mnr. Roy Jankielsohn skryf: "Elke jaar word baie diere, veral honde, beseer as gevolg van klappers wat geskiet word. Dit vind veral tydens nuwejaarfeesvieringe plaas.
Baie diere breek deur heinings en spring deur vensters as gevolg van die vrees wat klappers veroorsaak. Verder is dit baie steurend vir ander mense.
Mense word versoek om te keer dat hul kinders of mense in hul omgewing klappers skiet."
Hoe voel jy oor vuurwerke? Skiet jy self vuurwerke af of vermy jy dit soos die pes? Het jy al probleme met jou troeteldiere gehad met vuurwerke?