Marlese Smith

Volksblad-gebruiker

Geld kan nie ‘lêtte’ koop nie

deur Marlese Smith
2011-11-09 17:33

EK is soos ’n kind besig om die slapies te tel na ’n naweek-wegbreek en voer kort-kort die een of ander boksprongetjie uit met ’n toot-toooot-vreugdekreet – dit natuurlik alles agter geslote deure.

Want ons grootmense lag mos maar net so effens uitbundig as ons opgewonde is oor iets – geen gespringery in die lug of uitroepe voor mekaar nie.

Die naweek kuier familie by ons. Hulle het ’n vierjarige liefiekind wat die lewe met oorgawe geniet.

Vrydag sit ek voor die spieël – besig, besig om betyds te wees vir werk. Sy val op die bed agter my neer met haar armpies agter haar kop gevou en sê met ’n salige uitdrukking: lêtte, lêtte. Lêtte, vra ek, en onthou toe skielik sy ruil nog soms haar t en k om. Ja, sê sy, hulle was by die kwekery, en sy het perdjie gery – lêtte, lêtte. En motorfietsies gery – lêtte, lêtte. En springmat gespring – lêtte, lêtte. En sy het aan ’n groot tou geswaai en in die nat sand geval – lêtte, lêtte.

Bedrywige dag wat sy gehad het en niemand het daarom vrae gevra toe sy reeds vroegaand almal nagsê en kamer se kant toe verdwyn nie, want sy is moeg en gaan slaap.

Sy probeer nie om nog ’n uur of vyf uit ’n dag te pers wat reeds verby is nie. ’n Dag wat al jou energie uit jou getap het – en nie omdat dit ’n lêtte dag was nie, maar een van die maak-voorsiening-vir-die-toekoms-dae, of werk-om-’n-mooier-huis-te-skep-dae, of werk-om-modieuse-klere-te-koop-dae nie.

Lêtte dae lewe jy nie in Nike-tekkies nie, jy lewe dit kaalvoet. Lêtte dae lewe jy nie in praghuise nie, jy lewe dit buite in die son of onder skadubome.

Lêtte dae lewe jy nie in ’n rocking chair op die stoep van ’n strandhuis as jy 80 is nie. Jy lewe dit nou – wanneer jy alles neersit, ’n kind in haar oë kyk sodat sy jou met entoesiastiese handgebare vertel van hul besoek vandag aan die brandweer – ’n lêtte dag!

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 90 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2004
R 179,000.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2006
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.