- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Fietsryers: Wat dink jy?
deur MyVolksblad-redakteur
2010-03-09 14:05
Dis is Maart en dit beteken baie fietsryers oefen vir die Argus wat Saterdag in Kaapstad plaasvind. Die sport word egter telkens in die kollig geplaas met noodlottige ongelukke waar fietsryers by betrokke is.
Die sportiewes blameer motoriste en die motoriste blameer die fietsryers. Die tragiese ongeluk buite Oudtshoorn die week laat ons opnuut weer vra: Wie se skuld is hierdie ongelukke?
Is dit fietsryers wat nie die padreëls gehoorsaam nie? Of is dit motoriste wat ry asof hulle alleen bestaansreg op paaie het, bo voetgangers en fietsryers?
Is die padreëls te blameer en maak die regulasies nie voorsiening vir `n veilige situasie nie? Ry jy graag fiets en gebruik jy openbare paaie om jou sport te beoefen? Wat kan ons doen om veiliger paaie vir almal te verseker?
Vertel ons jou opinie deur hier onder kommentaar te lewer of stuur `n e-pos oor die saak na cornelia.vdmerwe@volksblad.com.