Marlese Smith
EK is soos ’n kind besig om die slapies te tel na ’n naweek-wegbreek en voer kort-kort die een of ander boksprongetjie uit met ’n toot-toooot-vreugdekreet – dit natuurlik alles agter geslote deure.
MyVolksblad-redakteur
Drie Bloemfonteiners is beseer toe hul bakkie weens 'n groot slaggat gerol het. Kom deel jou mening oor die land se paaie hier.
MyVolksblad-redakteur
'n Vrystaatse man het R100 miljoen met die Powerball (Lotto) gewen. Wat sou jy met só 'n aansienlike bedrag geld gedoen het? Gee jou mening
Webredakteur
In 'n vorige meningspeiling het Volksblad gevra: “Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het hom skuldig gemaak aan onwettige optrede, het 'n hof bevind. Wat is volgende?"
MyVolksblad-redakteur
Kommentaar op Madiba-berigte was van so aard dat dit 'n heuwige debat tussen mense op die web veroorsaak het. Waarom sal Suid-Afrikaners sulke afbrekende kommentaar oor die mees geliefde ikon in die wêreld lewer, juis terwyl ons demokrasie homself in 'n moeilike tyd bevind? Praat saam, vertel hoe jy daaroor voel.
MyVolksblad-redakteur
Die Vrystaat is nat. Baie, baie nat. Groot dele van die Vrystaat het reeds 500mm of meer reën sedert Kersdag gehad. Hoeveel reën het jy sedert Kersdag gehad?
“Maar ek het gesê hy mag nie vat nie, mamma! Ek hét gesê!” Dié hartverskeurende woorde van ’n negejarige Bloemfonteinse meisie is deur haar ma as ’n klankgreep op haar selfoon opgeneem. Wat dink jy? Wat moet ouers doen om hulle kinders teen sulke mense te beskerm?
MyVolksblad-redakteur
Die motorbestuurder van die Vrystaatse LUR vir gesondheid is gister weens beweerde roekelose en nalatige bestuur aangekeer, toe hy glo teen 185km/h op ’n plattelandse pad gejaag het. Wat dink jy hiervan?
MyVolksblad-redakteur
Sowat ’n maand voor die begin van die Super15-rugbyreeks is die Cheetahs steeds sonder ’n hoofborg.
Wat dink jy daarvan?
MyVolksblad-redakteur
Onlangs is onthul dat Supreme Poultry verwerkte hoenders wat teruggestuur is, afwas, inspuit en met nuwe vervaldatums herverpak. Wat dink jy daarvan?
MyVolksblad-redakteur
Die NG-kerk het sedert 2006 tot 80 000 lidmate verloor. Hoekom loop die kerk so leeg? Kom vertel ons wat jy dink.