- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Wel ’n dowe skool in Bfn
deur Mary Anne Lamb
2012-02-03 21:50
Na aanleiding van Ouer van dowe dogter se skrywe (VB 31/01/2012) wil ek u graag inlig dat hier wel ’n skool in Bloemfontein vir dowe kinders is!
Die Spesiale Skool Carel du Toit by die Nasionale Hospitaal is by die onderwysdepartement geregistreer en akkommodeer gehoorgestremde kinders wat gehoorapparate dra en/of ’n kogleêr het van peuters tot gr.3.
Die Carel du Toit-sentrum is vir babas tot gr. 00 en die Spesiale Skool Carel du Toit vir gr. O tot gr. 3. Hulle word in Engels en Afrikaans onderrig en volg ’n aangepaste KAV-program.
Indien die kind ná evaluasie deur ’n span wat bestaan uit ’n spraakterapeut, opgeleide onderwyser en oudioloog, saamstem dat daar, weens verskeie redes, geen vordering is nie en die kind Gebaretaal moet aanleer, is Bartimea, by Thaba Nchu, die skool waarheen hulle uitgeplaas sal word.
U is welkom om enige tyd die skool by 051-405-2712 te bel vir inligting.
Mary Anne Lamb
Skoolhoof