Roy Jankielsohn

Volksblad-gebruiker

Vrystaat is voos, maar soustrein rol voort

deur Roy Jankielsohn
2009-11-17 03:46

Die voorbladberig, Vrystaters keelvol vir slaggate (Volksblad, 12/11/09) verwys.

Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, mnr. Thabo Manyoni, het onlangs aan die DA in die wetgewer erken dat 63% van alle teerpaaie en 90% van alle grondpaaie in die Vrystaat swak tot uiters swak is.

Terwyl hierdie stand van sake heers het die nuwe Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, R14,3 miljoen aan sy inhuldigingspartytjie en geselligheid ná sy openingsrede in die wetgewer bestee. Net daarna het hy nog R11 miljoen bestee aan luukse Mercedes-Benze vir sy uitvoerende komitee.

Daar word steeds talle ander geleenthede deur die provinsiale regering geborg.

Ons provinsie het die swakste gesondheidsorg in Suid-Afrika, ons het die swakste paaie in die land, ons provinsiale departemente het volgens die ouditeur-generaal die meeste onreëlmatige uitgawes van alle staatsdepertemente, en ons munisipaliteite sukkel om basiese dienste te lewer.

Die regering kan nie verwag dat belastingbetalers die luukse leefwyses van die regerende politieke elite onbeperk gaan onderhou terwyl dieselfde politici beweer dat daar nie geld is vir basiese dienste en infrastruktuur nie.

Die ANC moet besef dat hierdie stand van sake bydra tot politieke onstabiliteit, wat baie gevaarlik is vir ’n jong demokrasie soos Suid-Afrika.

Roy Jankielsohn

DA-leier in die Vrystaat

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.