Antidom

Volksblad-gebruiker

Vermy liewer dié tolpad

deur Antidom
2012-02-02 22:33

Ek ry tot 3000 km per maand op enige denkbare pad, dus ook op die nuwe sogenaamde tolpad via Brandfort. Dis natuurlik ’n gróót verbetering wat reistyd en verkeersvloei betref.

En tog betaal ek veel makliker tolgeld vir die nabygeleë N1 verby Glen as by die Brandfort-tolhek en ry ek met veel groter gerief ’n pad soos die R21 tussen O.R. Tambo en Pretoria, of selfs die Dealesville- of Botshabelo-paaie as die Brandfort-tolpad.

Dit moet eerder growwepad, hobbelpad of skurwepad heet as tolpad.

Dit is duidelik dat op die ander genoemde paaie hoogstaande vakmanskap in die padbouprogram teenwoordig was.

Die pad via Brandfort voldoen aan bedenklike standaarde wat rygerief, padgeraas en teeroppervlak betref.

Miskien was kontrakteurs en voormanne in beheer wat gewoond was aan draadkarre in voetpaadjies wat oor graspolle en klippe moet wip. Terwyl die pad in aanbou was, het ek gewonder of Sanral die kontrakteurs gaan betaal wat hulle toekom.

Ek het selfs heimlik gehoop dat die toltarief verlaag sou word om te vergoed vir ongerief, frustrasie en onnodige slytasie.

Wat het van gehaltebeheer geword?

Ek betaal telkens die tolgeld (R31) onder protes en is darem nog nie geweier om deur te gaan soos wat berig is nie (Volksblad, 1 Februarie).

Wat wel twee weke gelede gebeur het, is dat ek vir vyf minute moes wag omdat ’n 1400-bakkie met ongeveer tien insittendes nie genoeg geld vir die kioskpreneur kon bymekaarskraap om deurgelaat te word nie.

Die geld wat opgediep is uit beursies, geknoopte sakdoeke, boesems en selfs gefrommelde stukke toiletpapier wou net nie by R31 uitkom nie. Toe ek protesteer, het iemand die hek langsaan gaan aktiveer en kon ek my reis voortsit.

Komaan julle, hoekom moet Brandfort in die skande gesteek word teenoor die Verkeerdevlei-plaza wat soveel groter verkeersdruk hanteer?

Antidom

Bloemfontein

Beoordeel hierdie artikel:

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 90 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2004
R 179,000.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2006
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.