- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Universiteite in eie taal
deur Francois Cloete
2012-01-29 21:30
Daar word altyd deur Afriforum, die Vryheidsfront Plus en ander aangedui dat moedertaalonderrig bevorder moet word by universiteite.
Die laaste paar jaar is Afrikaans by die Universiteit van Pretoria ’n besprekingspunt, omdat dit besig is om uit te sterf. Kovsies loop dieselfde pad dat Afrikaans heeltemal uitgefaseer gaan word.
Daar moet nou gekonsentreer word om universiteite op te rig vir elke landstaal in Suid-Afrika, sodat elke burger ingevolge die Grondwet in sy taal van keuse onderrig kan kry.
Dit sal beteken dat tale soos Sepedi, Tswana en Venda akademies bevorder gaan word as ’n onderrigtaal. Studente sal beter vaar omdat hulle leerplanne in hul moedertaal gaan kry.
Francois Cloete
Florauna