- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Tyd dat regering van die Vrystaat verander!
deur Sam Majola
2012-02-01 23:01
Die reusebedrag van R800000 wat nou bestee word op meubels vir die premierswoning (VB 31/01/2011) wys hoe onmenslik die mense is wat ons vandag in die regering het. Graag stel ek die volgende vrae:
Hoeveel mense is daar in Bloemfontein wat nie werk het nie?
Hoeveel poste kon daardie geld geskep het?
Hoeveel huise kon met daardie geld gebou gewees het?
Hoeveel slaggate kon ons toegemaak het met daardie geld? Ek sê vir die mense van Vrystaat, dit is tyd vir verandering in die regering van die Vrystaat. Dit moet begin in die wyke en voortgaan tot in die provinsie.
Ons soek mense in die regering wat die bogenoemde kop toe kan vat, nie net mense wat vir hulself en hul familielede dink nie.
Ons het baie slim mense in die Vrystaat, wit en swart, maar dit lyk vir my ons is almal bangbroeke, bang vir net een man. Dit is glad nie reg nie.
Dit is onaanvaarbaar dat een persoon so met ons kinders se toekoms mors.
Ons moet saamstaan en nee sê vir sulke dinge. Kom ons maak geskiedenis in die Vrystaat. “Eendrag maak mag!”
Sam Majola
Grassland, Bloemfontein