Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Uit die hart

Volksblad-gebruiker

Staan saam teen dít wat SA skaad

deur Uit die hart
2010-02-06 05:55

Ek wil graag aan almal dié versoek rig wat dit mag lees: Kan ons nie asseblief begin saam staan teen dinge wat die mensdom in Suid-Afrika skaad nie, dinge soos bedrog en die veiligheid van ons mense en selfs die land.

Hou op om net te kla en doen vir ’n slag iets aan dit. Ons het ’n grondwet en ons het wonderlike wette wat ons kan help teen die onheilsdinge wat aangaan in die gemeenskap, selfs in die private sektor en in die regering.

Ek glo daar is mense wat ’n verskil wil en sal maak as daar ’n geleentheid is.

Maar ek sê moenie wag tot daar ’n geleentheid is nie, maak daardie geleentheid deur om in jou omgewing iets positief te doen.

Staan saam om vreedsaam daardie probleem op te los.

Hou op om net aan jouself te dink en te kritiseer en om verby mekaar te lewe en om nors te wees en maak of die lewe jou iets skuld. En dan wil jy kwaad wees vir almal. Nee!

Die lewe skuld niemand niks nie, as jy net terug sit en aan jouself dink, dis wanneer daar onheilsdinge gebeur omdat almal aan hulle self wil dink.

Dink ook aan ander wat om jou is, al is hulle ’n ander nasie of volk.

Respekteer mekaar en wees mekaar net ’n bietjie meer genadiger en julle almal sal sien dit sal beter gaan.

Ek weet daar sal baie kommentaar gelewer word oor hierdie siening, maar voordat jy begin oordeel, dink ’n bietjie.

Het jy al die moed gehad om iets soortgelyks te doen, het jy regtig probeer? En as jy sê “Ja, ek het al so iets probeer, maar ek het dit nie reggekry nie”, is my vraag:

Hoekom het jy nie aangehou nie? Want as jy aangehou het, sou jy gewen het.

Kyk na die groot hofsake wat nou aangaan. Maak nie saak hoe jy die probleem toesmeer nie, die waarheid sal uitkom en dan is jy in groter moeilikheid as wat jy gedink het.

As jy onheil wil pleeg, stop. Dink ’n bietjie oor die mense om jou en wat gaan in die toekoms kan gebeur.

So, kom ons staan saam en werk saam as Suid-Afrikaners wat uit alle bevolkingsgroepe bestaan en kom ons bring die onheilsdinge tot ’n einde. Komaan mense, staan saam!

Uit die hart

Beoordeel hierdie artikel:

Lewer kommentaar op dié storie


Dr Elma Ross 2/6/2010 7:27:58 AM
Gaan doen hierdie beroep op diegene wat plaasboere en ander vreedsame mense aanval en wreed vermoor.
Della 2/8/2010 2:18:39 AM
Meneer ek sit hier in Amerika en lees die nuus elke dag hoe ons Boere uitgemoor word en niemand doen enigeiets daar omtrent nie. Elke dag lees ons hiervan reg oor die wereld hoe die Boere vermoor word. As die Boere en Afrikaners nie daar n plan kan maak om terug te kap teen die vuil moordenaars nie hoe vra jy nou dat die hele land met al sy ander rasse moet saamstaan. Ek se jou my bloed kook elke keer as ek sien hoe ons mense uitgeroei word en niemand doen iets daaromtrent nie. Groete Della.
Jen 2/8/2010 9:57:30 AM
Mag ek vra, wat kan mens doen. Hoe keer jy 'n moordenaar om iemand te vermoor (dalk nog vir my). As jy jou mond oopmaak, word jy afgedank, geviktimiseer ens. So jy waag nie, want jy het 'n gesin. Logika, ons staan magteloos. Al die woorde, soos diskriminasie, regstellende aksie ens. woord vinnig opgehaal as verskoning vir luiheid, bevoordeling en dus natuurlik die ondergang. Hoe kan jy die doodstraf terugbring. Opnames het reeds bewys almal wil dit terughe, maar nie die regering nie.... Hoekom....
jan 2/8/2010 10:43:00 AM
Stig 'n buurtwag, sluit aan by 'n buurtwag, raak ontslae van jou bediende/tuinwerker.
Andre 2/8/2010 1:05:02 PM
elke 72 uur word 'n plaasboer vermoor. Elke 22 minute word 'n vrou verkrag. Misdaad is totaal buite beheer. Die ANC regeering vee hulle af aan ons klagtes. Wat ons regtig behoort te doen is om die 2010 sokker te boikot en ander wereld lande aanmoedig om dieselfde te doen. Zuma en sy gespuis moet radikaals besef dat die situasie nie gelate aanvaar sal word nie.
Jen, moet tog nooit vra dat die doodstraf terug gebring word nie. 'n Wit boer sal die doodstraf kry vir agterstallig Tv lisensie en 'n swart massa moordenaar sal 'n opgeskorte vonnis kry. Wat ons vandag beleef is slegs die begin van baie ellendige dae wat nog kom.
TB 2/8/2010 1:10:22 PM
n Voorstel: Probeer n slag julle monde toehou en gebruik eerder jul breine, arms en bene. As jul dan nog steeds niks gedoen kry nie, is jul waarskynlik totaal en al gestrem. Doen dan aansoek om ongeskikheidsvoordele. Hoe klink dit vir n plan?
gert 2/8/2010 6:03:39 PM
My volk probeer al van 1994 af om met die anders kleuriges oor die weg te kom.Ons het selfs sover gegaan om die hele land vir hulle te gee.Nog steeds word ons gehaat en word apartheid blameer.Wat moet ons nou nog meer doen?Hulle het ook klaar ons werk gevat.Hulle soek ons land uit man.lyk my jy ly aan ontkennings sindroom.
Della 2/9/2010 5:55:01 AM
Hello dis weer ekke hier in Amerika. Ek stel voor ons begin n beweging en adverteer die moorde wereldwyd. Ons het die gereedskap soos kompers en cell foontjies om die ding te versprei. Het julle al ooit gedink dat die Boere eintlik die mag in die hand het as hulle rerig hulself wil beskerm, byvoorbeeld het julle al gedink in watter gemors n grootskaalse BOERE STAKING kan uitdraai. As al die Boere besluit om vir n paar maande op te hou boer sal daai regering baie vinnig begin spring en dinge soos die Kommandos weer terug te bring om ons Boere te beskerm. Sonder ons Boere VREK AFRIKA BAIE VINNIG. Groete Della
Mollma 2/9/2010 7:28:54 AM
Die mense wil nie luister nie ''uit die hart''Daar is te veel haat en domastrantgeid in hulle.Hulle trek te veel voordeel uit hulle sienings.Ek kry die leier jammer wat so n klomp moet lei.Hoeveel breekwerk moet hy doen voordat hy kan begin bou.Della dit lyk vir my jy lees nie die berigte waar bedrog en vuil dinge van jou mense geopenbaar word nie ?Kook jou bloed ook so ?Tegnologie maak dit so moontlik dat jy jou snert kan praat vanuit Amerika - en jy se niemand doen niks nie.Kyk byvoorbeeld vir elma - sy probeer haar bes om mense met n beter uitkyk stil te maak.Kom ons se as n oorlog uitbreek , ek praat nou van n regte oorlog dan sal mense soos sy aanmoedig om hulle lewens prys te gee om vir hulle doelwitte te veg.Dit klink nou vir my bekend.''a great motivational speaker''
Ounooi 2/9/2010 12:09:15 PM
Noem die iets wat ons moet doen by die naam. O ja ons doen iets ons betaal inkomstebelating, btw en munisipale rekeninge. Die ouens wat die vrug van daardie gelde pluk doen nie die iets wat hulle voor betaal word nie. Ek raak sommer die herrie in vir mense wat se doen iets maar hulle stip die iets nie punts gewys neer nie.
Dr Elma Ross@Mollma 2/16/2010 6:49:48 PM
Die plaasmoorde; swart-op-wit geweld en die toestande van Afrika skree hard genoeg, want mense word hulle lewe op die uiterste pynlike wyse ontneem - sommige terwyl hulle voedsel vir Afrika(!) voorsien. Ek het my maar net my prioriteite reg, want sonder die boere gaan ons soos Zimbabwe lyk.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Voip Engineer

Gauteng - Johannesburg
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R360,000-467,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-650,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-520,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

308 CC 1.6 Cabriolet
2009
R 289,995.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi AT MY04
2005
R 129,990.00

CHEVROLET

Spark 0.8 5-dr MY06
2009
R 69,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video