- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Satanistiese dade, boere
deur L.I. Mohale
2010-03-09 21:52
Ek verneem oor die radio ’n boer in die Parys-omgewing het ’n werker met die trekker gestamp en hom net by die hospitaal gaan aflaai en daarna was hy spoorloos. Dis onmenslik.
Dankie dat hy aangekeer is en agter tralies gesmyt is. Ek wens dis sy tuiste vir dertig jaar.
Boere doen hulle voor as Christene wat elke Sondag kerke vol pak, maar daarna is hulle niks heilig nie.
Dis waarom daar klomp mense is wat teen die Christendom staan.
Hulle aanvaar die blankes as die mense wat hierdie geloof hiernatoe gebring het net om die mense se gewete te prikkel sodat hulle nie terugslaan wanneer hulle mishandel word nie.
Wat gaan gebeur met die werker wat nou nie kan loop en die hele tyd in die bed is? Wat is die verskil tussen daardie boer en ET?
Die Vannermerwes van hierdie wêreld moet begin kla oor my uitlatings teen die satanistiese dade van die boere.