- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
NK-ANC en kreeftegang
deur Sanee Williams
2012-02-10 21:59
Die ANC in die Noord-Kaap gaan nie sukses behaal as hy nie soms ’n kortpad vat nie.
My eie vertolking is eenvoudig. As jy kortpad vat, steek jy goed weg. As jy goed wegsteek, buig jy die waarheid. As jy die waarheid buig, is jy oneerlik. Onthou, jy kan dalk ver kom met sulke kort paaie, maar jy kan nooit daarop terugkeer nie. Dis die ding met leuens, jy moet aanhou lieg.
Eerlikheid is tog die hoofbestanddeel in die suksesresep in die politiek, want later het jy dalk te doen met mense soos mnre. Willie Hofmeyr en David Lewis van Corruption Watch.
Hou hierdie mense dop, hulle gaan groot name laat val in die politiek.
Die agteruitgang in die Noord-Kaap was grotendeels die gevolg van ’n verlies aan kundigheid, onbevoegdheid, nepotisme, swak dienslewering, korrupsie, bedrog en diefstal in elke staatsinstelling en die demokrasie is die groot verloorders. Daar is geen vooruitgang in die Noord-Kaap nie.
Sanee Williams
Prieska