- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Mans seker onvervolgbaar
deur Bizza van Ashbury
2012-01-31 22:01
Die Brandpunt van Amanda Gouws (Broekiepreneurs en vroetelpa’s) verwys.
Amanda Gouws kan met reg vra hoekom word die mans nie vervolg nie. Seker omdat hulle onvervolgbaar is. Met ander woorde hooggeplaaste politici.
Nou kan ’n mens net wonder hoeveel aansoeke om kindertoelaes gaan oor nege maande ingedien word. Dis nou met al die foutiewe kondome wat gebruik is tydens die ANC se verjaardag in Bloemfontein.
Om nie eens te praat van almal wat op die koop toe met vigs gaan sit nie. En die belastingbetaler moet uithaal en wys.
’n Mens weet nie of jy moet lag of huil nie.
Ann van DouglasDoen meer vir Heidedal
Ek wil graag net ’n beroep op die Mangaung-munisipaliteit doen om meer te doen vir Heidedal se inwoners.
Die swembad in Heidedal is nou al twee jaar buite werking. Ek verneem een van die pompe het die gees gegee. Daar is blykbaar nie geld begroot vir die herstel daarvan nie.
Nou vra ek waar is mnr. Vernon Ward, ons kameraad wat die leisels hou. Hy was destyds die bestuurder asook die lifesaver van die swembad. Gaan hy toelaat dat iets wat hy oor jare opgebou het net so ten gronde gaan?
Mnr. Ward, ons Heidedalse gemeenskap roep na jou om tot ons redding te kom. Ons kinders swem in slote, asook in die eendjiedam wat besmet is met vuil afvalwater. Die moontlikheid van verdrinking is ook nie uitgesluit nie.
Ek verneem ook dat Rocklands (Mangaung) ’n Olimpiese swembad gekry het wat op 16 Desember 2011 geopen is.
Asseblief, kom tot ons redding, mnr. Ward, ons weet jy kan. Bring ons kinders se enigste plesier terug, dis al wat ons jou vra, kameraad.
Bizza van Ashbury