Jan Delport

Volksblad-gebruiker

Kies eerder ander kerk

deur Jan Delport
2012-01-29 21:30

Die Gereformeerde Kerke het ontstaan uit mense wat nie-kerklike veranderings wou hê nie. Die kerkorde wat De Mist in 1804 tydens sy bewind aan die Kaap ingestel het, asook die Metodisme wat die Skotse predikante gebring het, en eweneens die liberalisme van die Londense Sendinggenootskap was vir hulle onaanvaarbaar. Hulle het ook nie kans gesien om die Gesange wat in 1814 ingevoer is te sing nie. Selfs die Hervormde Kerk in Transvaal was nie ooreenkomstig die leer, diens en tug van hulle vaders nie.

Van die begin af gryp die Gereformeerde Kerk dus terug na die leerstellings en kerkregering soos die Sinode van Dordrecht dit in 1618-’19 optestel het. Welwetend dat dit die aard en wese van die kerk is, onderneem lidmate by belydenisaflegging om die verkondiging van die Evangelie en gebruik van die Sakramente in die kerk ywerig te soek.

Dit was altyd die gebruik van nagmaal uit ’n beker en dieselfde liturgiese orde in die erediens van die noorde tot die suide, terwyl slegs Totius se beryming van die Psalms gesing is en geen vroue in ampte dien nie.

Vir iemand wat tot ander insigte oor hierdie sake gekom het, sou die eerbare weg wees om hom by ’n kerk aan te sluit waar sy veranderde siening inpas. As hy egter ’n predikant is, sal dit hom werkloos laat. Daar is nie predikante in die ander Afrikaanse kerke nodig nie.

Derhalwe hou sommige predikante in die Gereformeerde Kerk hulle besig met die veranderinge wat hulle wil hê om die kerk in hul nuwe siening te laat inpas. In Volksblad (25/01/2011) lees ons van agt predikante wat hartseer en skaam is vir die besluite wat die Sinode van die kerk waaraan hulle behoort en met ’n herhaalde belydenis verbind is, geneem het. Wil hulle nie maar die weg van hul oortuiging volg en na die kerk van hulle keuse gaan nie?

Dis baie bemoedigend dat daar nou telkens ’n oproep kom dat die kerke hulle moet besig hou met die verkondiging van die Evangelie. Die kerke loop leeg (soos ook dié waarin die skaam predikante is), maar die huise in dorpe en stede word steeds deur mense bewoon.

As ’n predikant onderhou word met ’n huis, reistoelaag, traktement, pensioen en medies, kan die kerk seker verwag dat hy al sy tyd en energie bestee aan die uitdra van die Evangelie. Deur die keuse om ’n predikant te wees, onderneem jy om met mense te werk.

As die predikant deesdae selfs spreekure het, eerder as om lidmate tuis te besoek, hoe sal hy homself verneder om aan die deur van kerkloses en kerklosses te klop?

Jan Delport

Kroonstad

Beoordeel hierdie artikel:

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 90 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2004
R 179,000.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2006
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.