C. Kampff

Volksblad-gebruiker

Herstel eers reg en orde om slagting om te keer

deur C. Kampff
2012-01-29 21:30

Die artikel “Stop padslagting in SA só” (VB 25/01/2012) verwys.

Almal betrokke by verkeer en verkeersveiligheid in die land is op die grens van histerie oor die aantal ongelukke op ons paaie per jaar, verál oor die Desembervakansies. En dit is heeltemal geregverdig dat hulle so voel. ’n Slagting is dit voorwaar, met die aantal beseerdes nie eens bekend nie.

Ons sal die slagting op die paaie nie omdraai voordat reg en orde in die algemeen in die land drasties verbeter nie. Ek probeer verduidelik:

Die verlaging van die snelheidsperk na 100 km/h gaan beslis help, maar nie naastenby die uitwerking hê wat die minister in gedagte het nie.

Die toepassing van die snelheidsperk op 120 km/h soos dit tans is, is glad nie doeltreffend nie, as ’n mens in ag neem hoeveel voertuie by jou verbyjaag as jy teen 120 km/h ry.

Die blouligbrigades wat funksioneer en opgemerk word in alle provinsies, stel die voorbeeld van hoe om nie te ry op ons paaie nie. (Baie dankie aan die Wes-Kaap wat hulle wil verbied om te jaag na ’n vergadering, of ’n laat afspraak!)

Verwyder moordenaars permanent van die pad wat oor rooi verkeersligte jaag. Gaan stop gerus by Du Plessislaan op pad na Bainsvlei of menige ander verkeersligte in die stad en vergewis uself.

Verwyder moordenaars van die pad wat dink wit soliede sperstrepe is ’n aanduiding watter kant Kaapstad of Gauteng is en oor die strepe ry asof dit nie bestaan nie.

Kry die skare verkeersbeamptes (wat begin Januarie 2012 voor Woodland Hills se hekke gestaan het) op die paaie om die wet toe te pas en mense toe te sluit wat oor rooi verkeersligte en soliede sperstrepe ry.

C. Kampff

Bloemfontein

Beoordeel hierdie artikel:

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 90 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2004
R 179,000.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2006
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.