Prof. Benno Zuiddam

Volksblad-gebruiker

Hartseer oor UV God die trekpas gee

deur Prof. Benno Zuiddam
2011-01-10 20:33

Met ’n gevoel van onbehae en hartseer het ek as oud-Kovsie kennis geneem van die onlangse besluit of voorstel van die leiding van die Universiteit van die Vrystaat se raad om God uit die amptelike universiteitsleuse te verwyder.

Eers moes reeds die band met Nederland en die Afrikaner se afkoms ontken word omdat dit skielik die universiteit se Afrika-karakter sou bedreig. Na Oranje het nou ook God die trekpas gekry. Ek is dankbaar my kollegas by die teologiese fakulteit, onder wie prof. Piet Strauss, stem nie saam met die besluit nie. Hulle is reg.

Harvard se amptelike leuse is: Veritas Christo et Ecclesiae. Maar Harvard is deesdae skaam vir Christus en gebruik gewoonlik nog net “veritas”. Bedink egter dat Harvard steeds die volledige leuse op sy amptelike seëls gebruik.

Princeston se amptelike leuse is: Dei sub numine viget. Met God se hulp gaan dit goed, en dit gaan tans baie beter met Princeston as met die Vrystaat.

Hoekom leer ons nie by Oxford nie? Elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag word middagete in die grootste kollege van Oxford met onder meer die volgende woorde (in tweespraak) begin:

“Blessed be God in his gifts. And holy in all his works. Our help is in the name of the Lord, who has made heaven and earth. May the name of the Lord be blessed, from this time and for evermore... And we ask you that we, rightly using these Your gifts to Your glory, may be brought with them to immortal life. Through Jesus Christ our Lord, Amen.”

Laat die Vrystaat se universiteitsraad amptelik begin bid vir pres. Jacob Zuma en die ANC in Jesus Christus, ons Verlosser, se Naam.

Net soos amper al die mense binne die universiteit se voedingsgebied bid vir hulle kos in Jesus se naam.

Het die Lig van die wêreld wat ons juis weer met Kersfees geëer het, nie self gepraat van skaam wees vir Hom en sy woorde nie?

Kom ons bid saam met Yale: “Stuur, Heer, U lig en waarheid weder! (Ps 43:3).”

Asseblief universiteitsraad en alumni, verwerp hierdie “Goddelose” voorstel.

Prof. Benno Zuiddam

Blackstone Heights

Australië


Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
82 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Digital Analyst Manager

Cape Town, South Africa
MH Solutions
Market Related

Oracle DBA

Johannesburg, South Africa
Network IT Centurion
R420000 - R600000

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.