Eie Tyd se Denker

Volksblad-gebruiker

Gaan Christelike geloof in Afrika oorleef?

deur Eie Tyd se Denker
2012-02-09 22:27

Ds. Hannes Noëth, predikant van die Gereformeerde kerk Kimberley se Brandpunt “Roepingsbewus die toekoms in” (VB, 6/02) vind ek amusant. Hy het nodig om nog ’n paar boeke te lees.

Ds. Noëth, vra op Colesberg by die gastehuise waar museumstukke nou bewaar word vir ’n afskrif van navorsing en ’n proefskrif wat ’n predikant geskryf het insake die oorsaak en ontstaan van die “Dopper-storie.” Dit gaan oor gebeure in die omgewing Colesberg, Middelburg en Steynsburg toe trekboere oor die Oranjerivier begin weiding soek het en afgeslote van nuwe ontwikkeling begin raak het.

Die geestelike worsteling van ons huidige tyd, het my ook vir drie jaar ’n draai by die Enkel Gereformeerdes (Doppers) in twee gemeentes laat maak. By die tweede gemeente is ek vriendelik uitgestoot omdat ek (weens higiëniese redes) nie, soos Sola Scriptura dan vereis, die nagmaalsbeker wou gebruik nie.

Waarom twyfel ds. Noëth, met sy standpunt insake Sola Scriptura, of sy nageslag sy kerkverband sal deel?

Ek stem saam met Slagoffer van Kaapstad, se brief “Sondes van die vaders” (oor regstellende aksie) in dieselfde Volksblad. Hoekom?

Een belangrike feit uit die Afrikaner-geskiedenis staan vas: Sy onvermoë om andersdenkendes, anderstaliges en anderskleurige Godgeskape mense te akkommodeer. Generaal de Wet het gesê hy sal eerder met sy volk op ’n ashoop sit voordat hy met volksvreemdes in dieselfde raadsaal sal sit.

Watwou, ds. Noëth, die Afrikaner sit nou op die ashoop van sy onaanpasbare voorgeslagte buite die raadsale! Die vraag is nie of die Enkel Gereformeerde Kerk in SA gaan voortbestaan nie, maar in watter land?

Of as daar hoop is: Onder watter bevolkingsgroep in SA. Die groter vraag: Gaan die Christelike geloof in eenheid en in praktyk oorleef in Afrika?

Teoloë moet ernstig huiswerk doen en die groter geheel van God se werkinge op aarde raaksien. In die eindtye sal mense, volke en nasies geoordeel word, so verstaan ek die Bybel.

Afrika benodig nie meer kerke nie, maar leraars op gesinsbesoeke en dissipels op straat en in raadsale.

Hou op om tyd te mors met irrelevanthede, kyk na die groter geheel en skep arbeiders om die oes in te samel.

Eie Tyd se Denker

Parys

Beoordeel hierdie artikel:

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 90 County SW 2.5 TD5 4x4 Dsl
2004
R 179,000.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 219,995.00

TOYOTA

Avensis 2.4 Exclusive AT
2006
R 189,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.