- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Bid vir dié ouerpaar
deur Baie seer oupa
2012-02-01 23:01
’n Negejarige kankerpasiëntjie van Kathu, Rowan, se ouers het die gevreesde nuus ontvang dat die professor en sy kollegas niks meer vir hul seuntjie kan doen nie.
Besef ons wat maak die ouers van sulke kinders deur om te weet hierdie twee ogies wat na jou staar vir hulp, gaan dowwer word en môreoggend dalk nie weer die son sien opkom nie?
Vrae kook by jou en dryf jou tot op die afgrond. Soos: Verstaan hy dat ons net magteloos kon toekyk hoe hierdie gevreesde monster hom bietjie vir bietjie verteer? Ons het ons huis en alles wat ons kon verkoop, verkoop om bykomende mediese koste te dek, maar kon nie nog iets doen nie.
Sal die Volksblad-lesers asseblief vir Quinton en Florence Visser bid vir krag om hierdie beker te drink, of net ’n SMS stuur na 082-538-1829 vir bemoediging?
Baie seer oupa
Hartswater