- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Berig oor Waterkloof-4 onregverdig, onnodig
deur Brian Gouveia
2012-01-31 22:01
Ek vind die rubriek oor een van die “sogenaamde Waterkloof-vier” heeltemaal onregverdig en onnodig. Met al die korrupsie en moord wat aangaan, word hierdie seun deur al die hofsake en klagte steeds agtervolg in sy lewe.
Laat hom alleen om aan te gaan met sy lewe en konsentreer op die gemors soos dié wat ’n boer op Stella vasgebind en geslaan en uiteindelik met ’n koeël in sy voorkop sy lewe beëindig het!
Dit is seker maar as gevolg van die ou etnieses kwessie.
Wat van ons premier wat nou in nuwe weelde leef? Dit is sonder ’n kwessie betaal met die vrylik beskikbare belastinggeld.
En dan die feite agter die Mangaung-munisipaliteit se geldsake! Daarvan sal niks gebeur nie en alles sal net onder die mat gevee word, want “eerbare” persone is betrokke.
Maar die Waterkloof-vier sal seker altyd gevolg word sodat die land kan weet wat met hul lewe aangaan en sodoende die vergrootglas afhou van die ware misdade wat gepleeg word.
Brian Gouveia
Bloemfontein