- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Baie dankie, FW
deur L.I. Mohale
2012-02-02 22:33
Die dag 2 Februarie herinner my aan die belangrikste aankondiging wat die voormalige president van Suid-Afrika mnr. F.W. De Klerk gedoen het.
Hy is die dapperste leier wat ek geken het.
Die ANC, PAC, SAKP en die kleiner organisasies was almal vry. Die leiers ook.
Dit was die groot dag vir ons, die onderdrukte swartes wat as bobbejane behandel is deur die apartheidsgode.
Ek onthou hoe die Konserwatiewe Party hom name genoem het.
Ek het gedink, soos my tuinbaas, wyle mnr. Piet Groenewald, “daar kom ’n vreeslike burgeroorlog in die land”.
Die aankondiging het ’n klomp mooi goed gebring:
Die burgers was almal mense. Geen was ’n bobbejaan wat “op die berg” moet gaan klim nie.
Daar was nie meer “jammer, blankes alleen” in die advertensies van poste nie.
Ons het almal begin saamstap op die groen parke van ons land. Die “geen swartes”-kennisgewings het sommer verdwyn.
Die ware feit is dat FW nie alleen was nie, maar saam met sy luitenante soos mnr. Pik Botha, mnr. Roelf Meyer en vele meer.
Ek wonder wanneer sal ons mnr. De Klerk se naam op straatnaamborde sien?
Is daar nie ’n park of ’n gebou wat ons na hom kan noem nie? So ’n belangrike man!
Net op plase mis ek nog die Vryheid wat mnr. De Klerk vir ons gebring het.
Dankie, mnr. De Klerk, oor alles wat u aan ons gedoen het. Baie dankie.
L.I. Mohale
Welkom