- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Atletiek lewensgevaarlik!
deur Wilma Reyneke
2012-01-27 22:22
Tydens ’n skole-atletiekbyeenkoms op die stadion op 25 Januarie is my meisiekind met ’n diskus teen die kop getref.
Sou kon dink dit was nou werklik ’n fratsongeluk, as dit nie was dat die ongeluk gebeur het as gevolg van ’n gat in die diskus nie!
Ek het ná die voorval baie oproepe van vriende en kennisse gehad, en het uit verskeie oorde verneem dat die atletiek-unie wel deeglik bewus is van die skade – wat blykbaar terugdateer na die sokkertydperk in 2010!
Of dit die waarheid is, sal ek nie kan sê nie, maar is dit dan nie die atletiek-unie se plig om die nodige instandhouding te doen op hul toerusting nie?
Ek het die atletiek-unie geskakel om hulle van die voorval bewus te maak, en hulle beweer dat hulle geen kennis dra van die skade aan die diskus nie.
Hoeveel kinders moet seerkry voordat hierdie skade herstel word? My meisiekind het ses steke in haar kop en harsingskudding, maar die volgende kind is dalk nie so “gelukkig” soos sy nie...
Wilma Reyneke
Bloemfontein