’n Boetie vir die ‘ou’ Spark

2010-07-29 14:06

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nou’t General Motors SA gedoen wat Volkswagen en Ford onderskeidelik met die Polo/Vivo en Fiesta/Figo gedoen het. Hulle’t ’n nuwe model – die Chevrolet Spark – bekendgestel sonder om die ou weergawe in die asblik te gooi.

Voortaan sal voornemende kopers tussen die ou Spark (oftewel die Spark Lite) vir minder as R100 000 en die nuwe Spark vir meer as R115 000 kan kies.

Verskille tussen die twee is groot, maar die nuwe Spark se vernaamste mededinging sal nie soseer uit eie geledere kom nie, maar eerder (in volgorde van kort tot lank) van die Kia Picanto, Fiat Panda, Hyundai i10, Daihatsu Sirion, Toyota Yaris, Ford Figo en VW Vivo.

Wat lengte betref, pas die 3,64 m lange Spark omtrent in die middel van die hele boel, net langer as die Sirion, net korter as die Yaris. Met laasgenoemde dalk as uitsondering – en met die Vivo en Figo as oorblyfsels van ’n ouer en groter garde motors (en daarom beter bagasiespasie) – is die res van onse groepie waarlik goed verpak.

Kombineer dit in die Spark se geval met ’n dak wat 1,522 m hoog troon, en die klein Chevy bied lekker kajuitruimte, selfs vir passasiers agter.

Dis ’n goeie begin, en dit raak beter: Pleks van ’n 800cc-3 silinder (38 kW) of ’n 1.0 liter-4 silinder (49 kW) dryf die nuwe Spark L en Spark LS uit ’n 16-klep-1.2 liter-4 silinder met dubbelkop-nokasse wat 60 kW en 108 Nm loswoel.

Dit vertaal in ’n krag-tot-gewig-verhouding van 62 kW per ton. Selfs met ’n klein, ligte lyfie van minder as ’n ton is dit onrealisties om vuurwerk te verwag, maar op kusvlak het die Spark se kort ratverhoudinge redelik lewendige versnelling bevorder.

Op die snelweg kan die outjie egter met langer topratte en minder enjindreuning doen; die oondjie is effens grof en veral raserig.

Die 5-gang-handratkas wat in sowel die L- as LS-modelle krag na die voorwiele kanaliseer, is ook aan die lomp en onpresiese kant.

Goeie nuus is egter dat sowel die L as LS ’n kragstuur het.

Snaaks genoeg – en ons kla nie, want dis eintlik ’n verbetering – is einste kragstuur nogal aan ’t swaar kant, vergeleke met ander kragstuurstelsels in die subkompakte klas, waar draaiwerk op die stuurwiel so maklik moontlik gemaak word, terwyl vervaardigers blykbaar geheel en al vergeet dat mens altyd ’n bietjie gewig nodig het om teen te werk.

Kombineer dit met ’n redelik deeglike onderstel en motorbalans, en die Spark lewer verbasend goeie hantering op klein 14”-wieletjies (staal in die L se geval, allooi vir die LS) met hoë 70-syprofiele. Op sy grense is die Spark stuurtraag, maar bitter min mense wat die Chevy aanskaf, sal ooit hierby uitkom.

Onder die L se standaardtoerusting tel ook lugversorging, twee voorste lugsakke en radio/CD-klank met ’n UBS-poort plus MP3-skakelvermoë, ’n volgrootte spaarwiel, halogeenkopligte, reënveërs met intervalle, ’n agterruit-veër en -ontwasemer, remskywe voor en trommels agter, afstandbeheerde sentrale sluitstelsel en ’n immo/alarm.

Hierby het die LS-model – vir ’n ekstra R10 ?000 – kragvensters, ABS-remme plus EBD, asook voorste kragvensters, hoogteverstelling vir die betuurderstoel en ’n afstandbeheerde agterklap.

Dis goeie toerusting in ’n ruim kajuit wat boonop met ’n moderne voorpaneel en ’n paar spoggerige idees spog, soos ’n spoed- en toereteller wat in twee onafhanklike hulse op die stuurkolom is. Selfs die L-model se monotone grys plastieke vertoon nie te sleg nie, juis vanweë die middelkonsole se ontwerp. Maar die LS se klavierswarte inlegsels lyk, anders as wat die bedoeling was, doodeenvoudig goedkoop.

Ook opvallend is die vodkakroeg-blou waarmee beheerknoppe en aanwysings op die middelkonsole verlig word.
Van buite af is dit weer die groot nuwe Chev-rooster wat in twee gedeel word, maar veral die oor-grootte kopligte wat opval. Laasgenoemde strek nou van die buffer tot by die A-pilaar.

Wielboë word ook prominent geaksentueer, en die stert het ’n ekstra karakterlyn tussen die wielboog en die C-pilaar gekry.
Die wieletjies, daarenteen, vertoon piepklein.

Die gevolg is ’n karretjie wat groot, hoog en breed by sy neus vertoon, maar heelwat slanker na agter word.
Of dit aandag gaan trek?

Gewis.

En waardering?

Ons sal moet sien. Ten minste is die voorkoms heel individualisties en – anders as die meganika – ook aller-modern.

Voeg ’n uitstekende 5 jaar/120 000 km-fabriek- waarborg (insluitend padbystand plus roeswaarborg) by, en die nuwe Spark maak aanspraak op ’n gedugte kombinasie van prys, krag, ruimte, toerusting en waarborgvoordele.

Teen R115 000 het die L-model byvoorbeeld vyf deure, asook 60 kW en 108 Nm uit ’n 1.2 liter, versus die Toyota Yaris T1 5-deur se 51 kW en 93 Nm – en dit vir R138 000!

En dis maar net die begin. Vir sy prys bied die Yaris niks van die Spark se toerusting wat hierbo genoem word nie – g’n lugversorging, radio/CD-klank met ’n UBS-poort/MP3-skakelvermoë of ’n sentrale afstandsluitstelsel nie – en ’n waarborg van net 3 jaar/100 000 km.

Die Spark se probleem is derhalwe nie die geveg uit eie geledere, soos die Polo s’n van die Vivo af kom nie, maar wel die Hyundai i10, en veral dalk die Vivo as hy soos die Spark LS gespesifiseer word, en by uitstek die Ford Figo.

* Pryse – Chev Spark Lite: L – R82 300; LS – R98 700; Nuwe Spark: L – R115 495. LS – R125 495.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.