Spoedhonger 86 op pad na SA

2011-12-15 09:49

Toyota se witwarm 86-sportmotor is ’n produksiewerklikheid en kom in die tweede helfte van volgende jaar na Suid-Afrika.

In Suid-Afrika en Japan sal hy net “86” heet, maar GT 86 in Europa. Terloops, die 86 verwys na die Corolla GT AE86-sportmotor van Toyota wat tussen 1983 en 1987 ongekende rensukses behaal het.

Die samewerking tussen Toyota en Subaru het ’n groot rol gespeel om dié pragryding die lig te laat sien.

Die 86 is as ’n konsepmodel onlangs op die Johannesburg-motorskou vertoon en die produksiemodel het pas op die Tokio-motorskou in Japan sy debuut gemaak.

Die 86 is op ’n nuwe platform gebou en daar sal ook ’n Subaru-weergawe van dié sportmotor wees.

In die hartkamer van die 86 kry ’n mens Subaru se nuwe tweeliter-viersilinder-boxer-enjin, wat eie aan dié vervaardiger is.

Toyota het sy eie brandstofinspuitstelsel bygevoeg en die enjin skop ’n stewige 147 kW uit; met wringkrag van 205 Nm. Die maksimum krag word teen 7 000 r/min. gelewer en die maksimum wringkrag teen ’n ewe hoë 6 600 r/min.

Dit beteken die enjin (sonder ’n turbo) is ­ui­­­ters toergierig en jy sal hom met toere moet voer om sy spoed-honger te stil.

Boonop seg Toyota daar is ’n “ideale” gewigsverpreiding van 53-47 en die kragoordrag geskied deur ’n handratkas of ’n outomatiese ratkas, albei met ses gange.

Die boxer-enjin, waarvan die suiers plat lê, is daarvoor bekend dat hy ’n laer swaartepunt as ’n konven­sionele enjin het. Boonop is die sitposisie in die 86 die laagste tot nog toe in enige Toyota wat verder tot die wa se sportkarakter bydra.

Belangriker nog is dat die krag na die agterwiele gaan, soos baie puriste van ’n behoorlike sportmotor verwag.

Kyk ’n mens net na die bakvorm weet jy daar is geen “voorgee” nie. Dit is onbeskaamd ’n sportmotor – nie net in hoe hy doen nie, maar ook in hoe hy lyk. Die langerige neusgedeelte en relatiewe kort agterkant is ’n klassieke ontwerp van sportmotors. Die 86 herinner ook aan nog sportiewe Toyotas van weleer soos die Celica, wat ook baie gewild was.

Binne bied dit ’n mengsel van luuks en sport en die 86 is ’n 2+2, wat beteken twee mense met baie kort en dun beentjies kan hulle agter tuismaak.

Boonop spog die 86 met die kleinste stuurwiel wat tot nog toe in enige Toyota gebruik is.

Dit is nie duidelik of die Subaru-weergawe ook na Suid-Afrika kom nie en Toyota het nog nie die prys van die 86 vir die Suid-Afrikaanse mark vasgestel nie. Daar word bespiegel dat die Toyota 86 maar sowat R350 000 sal kos. Dis aansienlik goedkoper as byvoorbeeld ’n Nissan 370Z en in pas met byvoorbeeld Peugeot se RCZ se prys.


Toyota se 86 … Hy was nog ’n konsepmodel op die Johan- nesburg-motorskou, maar die produksieweergawe met sy Subaru-enjin kom in die nuwe jaar na Suid-Afrika.
 

- Beeld

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Web Application Developer

JHB - Northern Suburbs
Network IT Sunninghill
R350000 - R400000

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 179,995.00

HONDA

Ballade 150 Lux
2000
R 64,995.00

BMW

320i E90
2007
R 239,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.